Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Maak só as jou leë huis wag vir koper

Om eiendom te verkoop is nie perdekoop nie – en dit kan boonop in sekere gevalle nog meer uitdagend raak as die huis leeg staan terwyl jy dit moet bemark. Adrian Goslett, streeksdirekteur en uitvoerende hoof van Re/Max Suider-Afrika, vertel meer hieroor en deel ook 'n paar goeie wenke.

Foto: iStock

Om die tydlyn reg te kry tussen die koop en verkoop van ’n eiendom kan ’n uitdaging wees.

Dit is waarom baie verkopers dikwels gedwing word om hul eiendom leeg te laat staan terwyl hulle vir ’n koper wag.

Die negatiewe kant is dat ’n leë huis minder aanloklik is vir kopers, en dit is ook ’n maklike teiken vir misdadigers.

Om ’n eiendom wat leeg staan meer aanloklik te maak, stel ek voor dat verkopers die huis met ’n paar basiese meubels inrig (stage), sodat dit nie so dolleeg lyk nie. Verkopers moet ook ekstra sorg neem en veiligheidsmaatreëls instel as hulle nie self in die eiendom woon nie.

Hiermee ’n paar wenke oor hoe om kopers geïnteresseerd te hou en om die leegstaande eiendom te beskerm tydens die proses:

Stel polisie in kennis

Kontak die plaaslike polisiekantoor en stel hulle in kennis dat die huis leegstaan. Dit kan die moontlikheid van ’n probleem by die eiendom verklein.

As ’n belastingbetalende inwoner het die verkoper die reg om vir die polisie te vra om ’n oog te hou oor die eiendom terwyl dit nie bewoon word nie.

Die meeste polisiekantore sal toegeeflik wees en sal verseker dat ekstra aandag gegee word aan die eiendom.

Lig gemeenskap in

Laat weet jou bure dat die huis in die mark is en tans leegstaan.

’n Goeie idee is om met jou bure te gesels en hulle in te lig dat jou huis leegstaan terwyl dit op die mark is. Foto: iStock

As hulle nie jou selfoonnommer het nie, gee dit vir hulle en vra dat hulle jou kontak as daar enigiets gebeur wat jou aandag nodig het.

Baie buurte het ook ’n vereniging of buurtwag wat die gebied patrolleer. Jy kan ook die agent wat jou huis bemark vra om tussen skoudae in te loer om seker te maak alles is in orde.

Tydtoestel vir jou ligte

’n Bykomende veiligheidsmaat­reël is tydtoestelle wat die ligte saans aanskakel.

Dit sal die illusie skep dat iemand tuis is terwyl krag deur die dag bespaar word.

Ligte wat deur beweging geaktiveer word, is nog ’n goeie veiligheidsaspek en boonop ’n uitstekende verkoopspunt.

Aanlyn advertensies

As verkopers nie meubels in die huis kan los nie of meubels kan huur vir die tydperk wat die huis bemark word nie, moet daar ten minste foto’s geneem word van die huis voordat hulle uittrek.

’n Leë huis kan baie onaangenaam lyk vir voornemende kopers en hulle sal dalk nie genoeg aandag gee aan jou aanlyn advertensie nie.

As daar meubels in die foto’s is wat jy aanlyn gaan gebruik, sal die huis meer huislik lyk en dit sal ook voorkom dat misdadigers wat aanlyn op die uitkyk is vir vakante eiendomme, jou eiendom teiken.

Moenie bewyse laat

Maak seker iemand maak gereeld ’n draai by die eiendom om enige pos af te haal. Stapels koerante en ’n posbus wat uit sy nate bars is duidelike tekens dat niemand tuis is nie.

Tydtoestelle bied jou die gerief dat jou ligte saans sal aanskakel en misdadigers bietjie kan flous. Foto: iStock

Indien moontlik, gaan haal self die pos, maar vra ook bure en vriende om te help indien jy nie kan nie.

Laat weet ook die relevante partye van jou nuwe adres sodat daar nie so baie pos by jou ou adres afgelewer word nie.

Sorg vir jou voortuin

Oorgroeide struike en ’n enkelhoogte grasperk is nog tekens wat skree dat die huis leegstaan.

As jy die tuin netjies hou, sal oortreders minder geneig wees om te probeer inbreek, én die eiendom sal meer aanloklik lyk vir voornemende kopers.

Die verkoop van ’n leë huis kan ’n uitdagende vooruitsig wees, maar as jy die bogenoemde wenke toepas, kan dit help om te verseker dat die proses so moeitevry as moontlik verloop.

Maak ook gebruik van die dienste van ’n ervare eiendomsagent om die koopproses verder te versnel.

Meer oor:  Re/Max  |  Adrian Goslett  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.