Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Maak só seker veilings aanlyn is veilig – kenner

Die Covid-19-inperkings het bygedra tot ’n migrasie na aanlyn veilings as ’n manier om enigiets van eiendomme, motors tot kantoormeubels en selfs huishoudelike goedere te koop en verkoop.

Nuwe maatskappye is besig om met behulp van bemarking op sosiale media kopers aan te moedig om goedere aan te koop of aanbiedings te maak.

John Cowing

Bieërs moet versigtig wees, want potensiële kopers en verkopers kan in die versoeking gelei word om aan ’n proses of sogenaamde veiling deel te neem wat nie deursigtig, wettig of veilig is nie, voer kenners aan.

As gevolg hiervan het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Afslaers (Saia) kennis geneem van ’n toename in klagtes teen veilingshuise wat nie hul verpligtinge nakom om goedere af te lewer nie, of kies om alternatiewe goedere te verskaf.

Daar was ook berigte oor probleme wat verband hou met die terugbetaal van deposito’s waar dit vereis word.

“Ongelukkig besef die bieër eers wanneer probleme ontstaan ??dat hulle te doen het met onprofessionele verkopers wat voorgee dat hulle betroubare afslaers is,” sê John Cowing, voorsitter van die Saia.

“Die publiek moet slegs sake doen met professionele, geregistreerde afslaers wat lede van die Saia is. Voordat jy ’n artikel op ’n veilingswebwerf koop, sal ’n soektog op die Saia-webblad enige vrae wat jy het, uit die weg ruim. Ons lede het veerkragtig gebly ten spyte van die virus en is een van die leiers in aanlyn veilings.”

Cowing sê lede van die instituut voldoen aan alle wetlike vereistes om eerlike en regverdige veilings te verseker.

“Ons kantoor kan ook gekontak word om ’n veilingshuis te verifieer. Voor jy enige geld bestee, is dit belangrik om vas te stel met wie jy eintlik sake doen.

“Dié soort veilings plaas ’n vlek op ons bedryf en ons hoop dat ons met die wetgewing mettertyd hierdie onwettige handelaars kan uitskakel.

  • “Jy kan gereeld winskopies op ’n veiling vind, maar as dit te goed klink om waar te wees, is dit waarskynlik nie waar nie.” Besoek auctioneer­ing.co.za vir meer inligting, kontak die blitslyn by 021 813 6342 of stuur ’n WhatsApp aan 067 117 7049 vir enige navrae.
Meer oor:  Veilig  |  Inperking  |  Aanlyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.