Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Magdom Oosterse skatte te kry

’n Versameling van meer as 1 200 Oosterse kunswerke gaan tussen 10 en 14 September op verskillende veilings in New York verkoop word as deel van Sotheby’s se Asia Week-verkope.

Die hoogtepunt van ’n versameling kunswerke wat in New York opgeveil gaan word, is ’n blou-en-geel-bak wat met katjiepieringblomme versier is. Foto: SOTHEBY’S
Die Meiping-vaas uit die Ming-dinastie.

Dit sluit in ’n versameling van Chinese en Koreaanse kunswerke uit die versameling van ’n private Japannese versamelaar. Dié veiling word op 11 September gehou.

Van die Koreaanse en Chinese keramiekwerke dateer van die Tang-, Song- en Ming-dinastie. Daar is ook Punch’ong- en Goryeo-keramiekwerke uit Korea.

Die hoogtepunt van die versameling is ’n blou-en-geel-bak wat met katjiepieringblomme versier is, van die Zhengde Mark-periode. Dit het ’n voorveilingsberaming van tussen $100 000 en $120 000. Die katjiepieringblom was veral gewild onder vroue, wat dit in hul hare gedra, tee daarmee gegeur en in die voorbereiding van kosmetiekware gebruik het. Die klein vruggies van die plant het glo medisinale voordele.

Angela McAteer, Sotheby’s se hoof van Chinese kunswerke in New York, sê die Oosterse kunswerke gaan in sewe afsonderlike veilings onder die hamer kom. Dit sluit in werke uit private versamelings, sowel as Amerikaanse instellings, onder meer die Metropolitan museum of Art en die Art Institute of Chicago. Die werke word by Sotheby’s se galerye in New York uitgestal.

Meer oor:  Sotheby’S  |  New York  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.