SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Eiendomme
Masjiene vir vervaardiging onder hamer

Die toerusting en voertuie van ’n reklamebordvervaardiger word op 30 Julie deur Asset Auctions op ’n openbare veiling verkoop.

Van die voertuie van Identity Signage Manufacturers, wat op 30 Julie deur Asset Auctions op ’n openbare veiling verkoop gaan word.

Dié veiling is gelas deur die likwidateur in die saak van Identity Signage Manufacturers.

Die vervaardigingsmasjinerie wat opgeveil gaan word, sluit in ’n Amada-optiese-lasermasjien, ’n CNC-persrem, ’n vormmasjien, ’n plaatroller, twee CNC-letterbuigmasjiene, drie verdiepskawe en twee kompressors. Daar is ook ’n tafelsaag, ’n muursaag en ’n wyeformaatdrukker.

Onder die voertuie tel vurkhysers, vyf Isuzu- ligte afleweringsvoertuie, vier Toyota- ligte afleweringsvoertuie, ’n Chevrolet-bakkie, ’n platbaksleepwa en ’n dubbelas-sleepwa. Verskeie hyskrane is beskikbaar, asook sweismasjiene, kompressors, kragopwekkers en ’n groot hoeveelheid onderdele en handgereedskap.

Kantoormeubels, drukkers en kombuistoerusting word ook verkoop. Vir die volledige lys van bates kan belangstellende bieërs www.assetauctions.co.za besoek.

Die veiling word op Dinsdag 30 Julie om 10:30 op die perseel te Angussingel 17 in Modderfontein in Gauteng gehou. Besigtiging is Maandag 29 Julie van 09:00 tot 16:00.

Vir meer inligting kontak vir Dean Baldwin by 083 954 3135 of 011 452 4191.

Die Belovac-vormmasjien tel onder die toerusting van die vervaardiger van reklameborde, wat op die veiling beskikbaar gaan wees.

Meer oor:  Veilings  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.