Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Mikro-leefstyl tref Kaapstad

Grondwerk het begin aan 1 On Albert in Woodstock, Kaapstad se eerste mikro-eenheid-ontwikkeling.

’n Kunstenaarsvoorstelling van 1 On Albert in Woodstock, Kaapstad se eerste mikro-eenheidontwikkeling, waar grondwerk pas begin het. Dié eenhede wissel van ’n piepklein 21 m2 tot 75 m2 teen pryse van tussen R985 200 en R2,650 miljoen.

Wanneer die ontwikkeling voltooi is, sal dit piepklein ateljee-eenhede van 21 m² tot tweeslaapkamereenhede van 75 m² hê. Die ateljee-eenhede verkoop vir R985 200, BTW ingesluit en die tweeslaapkamereenhede vir tot R2,650 miljoen.

Rob Stefanutto, direkteur en hoof van Dogon Group Developments, sê die eenhede is gemik op die millen­niërs, wat bereid om ruimte op te gee en kleiner eenhede te koop, mits die ligging reg is. “Hulle wil naby aan die stad se kern wees sodat hulle kan stap, fietsry of van openbare vervoer gebruik kan maak.” Hy sê Woodstock is tans in ’n vernuwingsfase, waar nuwe geboue opskiet en ondernemings na die gebied toe verhuis.

Die eenhede gaan topgehalte afwerkings hê, onder meer Smeg-toerusting, platskerm-TV-stelle en onbeperkte (uncapped) veselinternet-toegang.

Die ontwikkeling sluit ook in gemeenskaplike ontspanningsgeriewe soos winkels, restaurante en ’n verhitte swembad. “Dit maak deel uit van ’n konsep-idee, wat al die elemente vir ’n stedelike leefstyl inkorporeer sonder dat die gebou verlaat hoef te word,” sê Byron Kruger, verkoopsagent vir Dogon Group Properties.

1 On Albert gaan na verwagting teen Desember 2020 voltooi wees.

Meer oor:  Woodstock  |  Kaapstad  |  Eiendomme  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.