Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Nóg nuwe behuising vir Maties

Goeie nuus vir studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) is dat daar nóg behuising op pad is.

’n Kunstenaarsvoorstelling van hoe 17 on Cluver, met nuwe blyplek vir studente in Stellenbosch, sal lyk.Foto:VERSKAF

Universiteitsoord, die ontwikkelende middelpunt vir private studenteverblyf op die voorstoep van die US se kampus, kry ’n nuwe blyplek-ontwikkeling, 17 On Cluver.

Bouwerk aan die moderne gebou met 26 eenhede het reeds in Mei begin en sal na verwagting in Oktober vanjaar voltooi wees. Studente kan van 2020 by die eenhede intrek.

Die ontwikkeling word deur Isipani, City Capital en HDK Developments, ’n filiaal van die Horn & De Koning-eiendomsgroep op Stellenbosch, gedoen. Dit volg op twee ander suksesvolle HDK-studenteontwikkelings in Universiteitsoord – Armentum en Humanitas.

Met die bekendstelling van die nuwe deeltitelontwikkeling het Pieter Horn, besturende direkteur van HDK, gesê die vraag na bekostigbare studenteverblyf op Stellenbosch bly baie hoog, veral in die Weides-omgewing van die dorp met die kampus van die US wat binne loopafstand is.

“Bewys hiervan is dat 18 van die 26 eenhede in 17 On Cluver reeds van plan af verkoop is met 8 wat nog beskikbaar is.

“Die vraag na studenteverblyf op Stellenbosch sal vir ten minste die volgende tien jaar hoog bly. Daar is tans sowat 32 000 Matiestudente op kampus, terwyl die universiteit net 7 900 beddens kan verskaf. Bekostigbare en veilige private verblyf soos 17 On Cluver vul sodoende ’n belangrike studenteverblyf-gaping op Stellenbosch,” sê Horn.

Met sekuriteit wat van uiterse belang is, het die ontwikkelaars ’n spesiale poging aangewend met CCTV-kameras, geëlektrifiseerde omheining en vingerafdruk-toegangsbeheer tot die perseel.

17 On Cluver is ontwerp met gemeenskaplike areas wat ’n ten volle toegeruste kombuis, gemeubileerde sitkamer, eetkamer asook ’n swembad en braaiplek insluit.

Die gebou is met optiese veselkabels toegerus om hoëspoed-internet te verseker, terwyl elke eenheid ’n maandelikse beperkte databondel van 10 GB ontvang. Bykomende data kan aangekoop word.

Elke eenheid het ’n skaduparkeerplek, terwyl daar ook ’n toegewysde area is met sluitbare fietsrakke. Die Simonsrust-winkelsentrum is ook naby aan die ontwikkeling geleë.

Die gebou is met optiese veselkabels toegerus om hoëspoed-internet te verseker, terwyl elke eenheid ’n maandelikse beperkte databondel van 10 GB ontvang. Bykomende data kan aangekoop word.

Maandelikse heffings sluit in die weeklikse skoonmaak van eenhede en daaglikse skoonmaak van gemeenskaplike areas. Vullisverwydering deur die munisipaliteit vind daagliks plaas.

Elke halfgemeubileerde eenheid het sy eie badkamer en word toegerus met ’n driekwartbed, studiehoekie met ’n stoel, kroegyskas, kombuisarea, mikrogolf en ingeboude kaste met ’n skuifdeur na die Juliet-balkon.

Die huur per eenheid kan tot R9 250 per maand kos, wat volgens Horn baie goed vergelyk met wat vir verblyf by top-privaatskole betaal word.

  • Jou kontak: Besoek www.17oncluver.co.za of bel vir HDK by 021 880 2555.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.