Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Nóg Shoprite-sentrums verkoop

As deel van die herstrukturering van sy nie-kern-eiendomsportefeulje het Shoprite Group verlede week nóg twee van sy winkelsentrums op ’n veiling laat verkoop.

Die Shoprite-sentrum in die Strand in die Wes-Kaap is onlangs vir R59 miljoen deur High Street Auctions op ’n veiling verkoop.

Shoprite Broadway Square in die Strand in die Wes-Kaap het R59 miljoen op High Street Auctions se onlangse veiling gehaal en Shoprite Cosmo City in Johannesburg het vir R36,25 miljoen verkoop.

Die Shoprite-sentrum by die kruising van Broadway Boulevard en Onverwachtweg in die Strand is ten volle verhuur met Shoprite as die ankerhuurder. Die ander huurders is Shoprite Liquor en OK Furniture. ’n Nuwe Shoprite-huurkontrak vir tien jaar is by oordrag beskikbaar, asook drie vyfjaarhernuwingsopsies daarna. Die verwagte jaarlikse bruto inkomste vir die sentrum is R11,9 miljoen.

Die Shoprite in Cosmo City is ook ten volle verhuur. Bykomende huurders sluit in Pepkor Cell, Shoprite Liquor en KFC.

Die twee verkopings stoot die waarde van eiendom wat die afgelope jaar deur Shoprite van die hand gesit is op tot meer as R500 miljoen. Altesame 17 eiendomme is reeds onder die hamer verkoop.

Lance Chalwin-Milton, High Street Auctions se mede- besturende direkteur, sê kopers se aptyt vir Shoprite se eiendomme bly toeneem. “Die mark sien die sentrums as uitstekende langtermynbeleggings, veral omdat al die eiendomme met nuwe vyf- of tienjaar-huurooreenkomste van die hand gesit is.” Daar is ook die opsie om dit te hernu.

Onder die ander Shoprite-sentrums wat vanjaar op die veilingsvloer gaan draai het, tel een in Chapelstraat in Kimberley, wat vir R33,5 miljoen verkoop het, en een in Kroonstad, wat R32,5 miljoen gehaal het.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Strand  |  Johannesburg  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.