Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Nuwe eenhede het kopers gaande

Slegs drie maande nadat dit bekend gestel is, het 104 on Creek, Steyn City se nuwe luukse eiendomsontwikkeling groot belangstelling van kopers gelok – ’n bemoedigende teken voor die okkupasiedatum in die eerste kwartaal van 2020.

Die binnekant van die drieslaapkamer-skou-eenheid by Steyn City se nuwe 104 on Creek-ontwikkeling. Pryse begin by R2,7 miljoen en die groottes van die eenhede wissel tussen 96 m2 en 133 m2.

“Die sukses van 104 on Creek wys dat ons op die regte pad is wanneer dit by die mark se behoeftes kom, sover dit ’n eenheidsleefstyl betref met toegang tot geriewe van wêreldgehalte en ’n natuurlike omgewing,” sê Lambert Bezuidenhout, Steyn City se verkoopsbestuurder.

Die wooneenhede se ligging aan die oewer van ’n mensgemaakte stroom is binne loopafstand vanaf ’n groot visdam, wat dié ontwikkeling die ooglopende keuse maak vir diegene op soek na gemoedsrus en terselfdertyd die nabyheid van die stad.

Steyn City is die “nuwe noorde” se eie selfstandige metropool, ’n leefstyl-en-parkontwikkeling wat elke moontlike gerief vir die welsyn van inwoners bied. ’n Eie kommersiële park en ’n opvoedkundige kampus bring mee dat inwoners minder tyd in die verkeer hoef deur te bring en meer kan fokus op dit wat saak maak.

Die twee- en drieslaapkamereenhede in die 104 on Creek-ontwikkeling word teen ’n hoë spesifikasie opgerig en spog met vensters wat dubbel beglas is, lugverkoeling, en Siemens-toestelle. Voornemende kopers kan die drieslaapkamerskou-eenheid, wat deur Weylandts ingerig is, besoek.

Die pryse begin op R2,7 miljoen en die groottes van die eenhede wissel tussen 96 m² en 133 m², kompleet met onderdakparkeerplek.

Soos altyd by Steyn City is daar heelwat oorweging gegee aan die verskaffing van ontspanningsgeriewe wat ’n gemeenskapsgevoel skep en inwoners se leefstyl ’n hupstoot gee. Daar is ook ’n swembad en ’n patisserie.

Die ontwikkeling se uitsigte is ook noemenswaardig en die ontwerp verseker dat elke eenheid op die waterstroom uitkyk.

Die parkomgewing huisves buitelugaktiwiteite vir elke belangstelling.

Inwoners kry toegang tot al die geriewe wat Steyn City een van die land se gesogte leefstylbestemmings maak. Die hipermoderne veiligheid staan uit en die park­omgewing, waartoe elke eiendom in Steyn City toegang het, is ’n enorme trekpleister.

Die parkomgewing huisves buitelugaktiwiteite vir elke belangstelling. Benewens die kinderspeelgebiede en die skaatsparke is daar buitelug-gimnasiums, joga-stasies en hardloop- en fietsryroetes van honderde kilometer.

Om ’n afspraak te maak om die nuwe skou-eenheid te besigtig, kontak sales@steyncity.co.za of besoek www.steyncity.co.za.

Meer oor:  Veilings  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.