Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
One&Only-hotelgroep stel eiendomme bekend

Suid-Afrikaners wat diep sakke het en van ’n eiendom op Mauritius droom, het nou die geleentheid om te belê in een van ’n handvol eksklusiewe villas wat Kerzner International se One&Only-hotelgroep nou op dié eiland ontwikkel.

’n Kunstenaarsvoorstelling van een van die villas in One&Only se nuwe private residensiële ontwikkeling op Mauritius.

Die 52 villas word teenaan die see in die luukse oord One&Only Le Saint Géran gebou en is die hotelgroep se eerste private residensiële eiendomsontwikkeling.

Dié ontwikkeling is vroeër in Oktober in Kaapstad bekend gestel en is die eerste van ’n aantal soortgelyke residensiële ontwikkelings wat ook in ander One&Only-­hoteloorde in onder meer Mexiko, Griekeland en ander dele van die wêreld beplan word.

Hoewel kopers in ’n private, losstaande eiendom belê, is die ontwikkeling egter ’n uitbreiding van die sogenaamde “One&Only-ervaring” en sal die inwoners toegang kry tot al die ultraluukse dienste en geriewe wat hierdie hoteloord op Mauritius bied, sê die oordbestuur.

“Ons gaste vra al ’n geruimte tyd om ’n deel van One&Only te besit.

“Met die bekendstelling van ons private huise beplan ons om werklik oor die wêreld heen gemeenskappe te bou en vriendskappe te smee,” sê Hugues Jannet, direkteur van die ontwikkeling van die One&Only Le Saint Géran op die eiland.

“Inwoners sal toegang hê tot al die aktiwiteite wat in One&Only Le Saint Géran beskikbaar is, asook die oord se restaurante, die welstanddienste en fiksheidsentrum met spinning-klasse en joga in Club One, sowel as die One&Only-spa, watersportsentrum en pasgemaakte uitstappies en ekskursies wat deur die hotel bespreek kan word.

“Daarbenewens sal die inwoners van die private villas ook toegang hê tot private sjefs vir spesiale geleenthede, fiksheidsinstrukteurs, spa-terapeute, baba-oppassers en nog baie meer. Die villas sal ook deurlopend deur die oordbestuur in stand gehou en gediens word, wat eienaarskap van ons private huise baie maklik maak,” sê Jannet.

Wat kan jy verwag?

Die 52 villas gaan teenaan ’n private strand op die hotelperseel gebou word, en die kopers kan uit vyf verskillende huisontwerpe met twee tot ses slaapkamers elk kies.

Kopers kan ook tussen twee huisstyle, naamlik “Moderne Mauritius” (spitsdak) en “Kontemporêr” (platdak), kies.

Die villas sal binne en buite argitektonies meesterlik wees en by die omliggende omgewing inpas.

Die binnenshuise ruimtes van al die villas sal twee verdiepings beslaan, met groottes wat tussen 280 m² en 758 m² wissel.

Elke villa sal ook ’n groot stoep en swembad hê waar gaste onthaal kan word, asook ’n private tuin waar die huis se inwoners rustig kan ontspan.

Inwoners wat nie tyd het vir inkopies nie, kan vooraf versoek dat hul kombuise met die nodige kosvoorraad aangevul word.

Daarbenewens sal die huiseienaars van die One&Only Le Saint Géran ook eksklusiewe voorregte in die oord geniet. Dit sluit prioriteitstatus in die hoteloord se restaurante in, asook die aktiwiteite wat bespreek kan word en die geleenthede wat daar aangebied word, sowel as die oordbestuur se dienste en toegang tot hul eie ’n strandklub met restaurant-, kroeg- en swembadgeriewe.

Volgens Jannet kry Suid-Afrikaanse kopers ’n verblyfpermit as hulle in dié villas op die eiland belê.

  • Jou kontak: Vir meer inligting oor die ontwikkeling en die verkooppryse besoek www.oneandonlyresorts.com.
Meer oor:  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.