Van vandag tot Sondag bied Old Johannesburg Warehouse Auctioneers ’n veiling aan wat ’n geen-reserweprys-opruimingsessie met 300 lotte insluit.

Dié ontwerperspalmtassie is ook by die veiling te kry.
Dié sessie, wat vandag om 13:00 begin, het onder meer meubels, keramiek, glasware en kuns.
Môre begin die gewone antiekesessie om 09:00. Die verskeidenheid sluit in Georgiaanse meubels, waarvan ’n boekrak en kaarttafel vermelding verdien, skaars Transvaal-Africana-meubels, keramiek en silwer, Anglo-Boereoorlog-stukke, seldsame muntstukke en note, klassieke emaljetekens en gereedskap.
’n Groot verskeidenheid klassieke visstokke, katrolle en nette, insluitend Hardy-stukke, word ook aangebied. Tientalle stukke kom uit die persoonlike versameling van die voormalige Springbok Gerrie Germishuys.
Tradisionele en kontemporêre kuns (120 lotte) word ook in die sessie verkoop. Werke deur onder andere Frans Claerhout, J.H. Pierneef, Nelson Makamo, Mark Hipper, Pieter van der Westhuizen, Alexander Rose-Innes en Anton Kannemeyer kom onder die hamer.
Sondag begin die “skattejag” om 09:00 met items wat veilinggangers ure lank besig sal hou.
Die sessie vir alleenstaande juweliersware en horlosies begin om 13:00 met ’n magdom glinsterende lotte. Verskeie Victoriaanse, Art Nouveau-, Art Deco-, antieke en moderne stukke vorm deel hiervan.

Van die visstokke wat dié naweek by Old Johannesburg Warehouse Auctioneers se veiling te kry gaan wees. Tientalle stukke kom uit die persoonlike versameling van die voormalige Springbok Gerrie Germishuys.
Die sessie sluit ook in ’n paar ontwerpershandsakke en sonbrille deur onder andere Louis Vuitton, Marc Jacobs, Ted Baker, Gucci en Montblanc.
Registrasie vir die veiling is gratis. Alle katalogusse kan by www.oldjwauctioneers.com aanlyn besigtig word. Vir meer inligting, skakel 011 836 1650 of stuur ’n e-pos na info@oldjwauctioneers.com.