’n Rits eiendomme in ’n gesogte landgoed in die hartjie van Dullstroom word op 27 Julie deur Van’s Auctioneers Mpumalanga op ’n veiling verkoop.

Een van die tweeslaapkamerhuise in die Connemara Close-landgoed in die hartjie van Dullstroom, wat opgeveil gaan word.
Netwerk24
Dié eiendomme in die Connemara Close-landgoed behels twee gemeubileerde tweeslaapkamerhuise op erwe van onderskeidelik 613 m² en 698 m², asook nege erwe van sowat 600 m² elk.
Die dorpie Dullstroom is weens sy natuurskoon ’n gewilde wegbreekplek onder besoekers en een van die land se voorste bestemmings om kunsvlieghengel te beoefen.
Die veiling word op Saterdag 27 Julie om 11:00 op die perseel in Lesedi-straat gehou. Besigtiging is op 26 Julie vanaf 12:00 tot 15:00.
’n Terugbetaalbare deposito van R10 000 is betaalbaar.
Vir meer inligting bel vir Sam Segopane by 074 622 3202 of besoek www.vansauctioneers.co.za.