Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Sjarmante hotel in Karoo onder hamer

’n Sjarmante hotel in ’n dorp in die Karoo word in Oktober deur Rawson Auctions Western Cape op ’n veiling verkoop.

Die Laingsburg Country Hotel in Voortrekkerstraat in Laingsburg in die Karoo, wat in 1959 gebou is, word op 30 Oktober deur Rawson Auctions Western Cape opgeveil.

Die Laingsburg Country Hotel in Voortrekkerstraat in Laingsburg is in 1959 gebou en propvol plattelandse sjarme, sê Tanya Jovanovski, franchisehouer van Rawson Auctions Western Cape.

Die veiling bied ook aan belangstellende kopers die geleentheid om drie kothuise, ’n hoofhuis, twee drankwinkels en ’n leë erf as een lot saam met die hotel te koop of elk van die eiendomme afsonderlik.

Die hotel het 17 kamers met lugverkoeling, ’n kombuis, ’n sitkamer, ’n TV-kamer, ’n kroegarea, ’n swembad en veilige parkeerplek. Die tuin is gevestig en met geslotebaantelevisiekameras toegerus. Daar is verder ook ’n koffiewinkel, ’n concierge-diens en ’n restaurant. ’n Hoogtepunt op die restaurant genaamd Cafè Hart se spyskaart is Karoolam met sy eie bossiegeur.

Die hoofhuis wat onder die hamer gaan kom, is in Van Riebeeckstraat en het drie slaapkamers, ’n sitkamer, ’n eetkamer en ’n kombuis. Dit kan as woning vir die nuwe eienaar van die hotel dien, of verhuur word vir ’n bykomende inkomste. Die drie kothuise met ’n totale ruimte van 990 m² is deel van ’n kliphuis wat in drie verdeel is. Elke kothuis het ’n slaapkamer met ’n aansluitende badkamer, ’n oopplansitkamer en ’n kombuis.

Die twee drankwinkels, die Bergsig-drankwinkel en die Laingsburg-drankwinkel, het ’n gevestigde klantebasis in die klein dorp. Die ondernemings is langsaan die leë erf van ’n raps minder as 2 600 m² geleë.

Die eiendomme word op 30 Oktober om 12:00 by die Rawson Property Group se hoofkantoor in Rondebosch opgeveil. Aanbiedings kan by dié kantoor ingedien word. Die eiendomme word as een lot met ’n reserweprys van R18 miljoen aangebied of as individuele lotte met hul eie reserwepryse.

Vir meer inligting of om ’n afspraak te maak om die onderskeie eiendomme te besigtig, bel vir Tony Bredenkamp by 083 602 6113.

Meer oor:  Hotel  |  Veilings  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.