Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Skaars werk van Sekoto opgeveil

Liefhebbers van die kleurvolle kunswerke van Gerard Sekoto (1913-1993) kan by Aspire Art Auctions se komende Winterveiling van moderne en kontemporêre kuns nie net een van die kunstenaar se vroeë nostalgiese figuurstudies koop nie, maar ook ’n besonderse handgedrukte afdruk van ’n foto van die kuns­tenaar.

Gerard Sekoto se nostalgiese Lady in Red, wat Sondag deur Aspire Art Auctions opgeveil gaan word. Dié werk dateer van 1940, voordat die kunstenaar hom in selfopgelegde ballingskap in Parys in Frankryk gaan vestig het.

Sekoto is ’n belangrike pionier van moderne swart kuns.

Sy Lady in Red, wat in 1940 geskilder is, kom Sondag onder die hamer, asook ’n foto wat die gevierde Kaapse fotograaf George Hallett in 1986 in Parys in Frankryk van Sekoto geneem het.

Die skildery is gedoen voordat Sekoto hom in selfopgelegde ballingskap in Parys gaan vestig het.

Marelize van Zyl, ’n kunsspesialis by Aspire, sê die vroeëre werke van Sekoto het ’n skaarsheidswaarde omdat dit in konteks gedoen is, terwyl die latere werke wat hy in Parys gedoen het, buite konteks volgens herinnering geskilder is.

Die skildery het ’n voorveilings­beraming van tussen R800 000 en R1,2 miljoen.

Die veiling bied ook ’n spesiale fotografie-afdeling, waar ’n besonderse handgedrukte afdruk (2008) van ’n foto van Sekoto wat in 1986 deur die gevierde Suid-Afrikaanse fotograaf George Hallett in Parys geneem is, aangebied gaan word. Dié afdruk, die eerste van tien, gaan na verwagting vir tussen R12 000 en R18 000 verkoop.

Hallett is in 1942 in Kaapstad gebore en sy loopbaan strek oor meer as ’n halfeeu. Hy het aanvanklik as ’n straatfotograaf in Distrik Ses begin werk en was daarna vir jare in ballingskap in Amerika en Europa.

Die handgedrukte afdruk (2008) van ’n foto van Sekoto wat in 1986 deur die gevierde Kaapse fotograaf George Hallett in Parys geneem is, gaan na verwagting vir tussen R12 000 en R18 000 op die veiling verkoop.

Die intieme portret van Sekoto is ’n voorbeeld van Hallett se vernuf, gevoelvolle betrokkenheid by sy sitter en versigtige formele komposisie.

Die veiling word Sondag om 18:00 by die Gibs-sakeskool in Illovo in Johannesburg gehou.

Vir meer inligting of om die katalogus af te laai, besoek www.aspireart.net.

Meer oor:  Veilings  |  Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.