Sandton Auctioneers hou die komende naweek sy verkoping van Suid-Afrikaanse skilderye en Persiese matte en 170 lotte kom onder die hamer.

Walter Battiss se Natal Landscape wat deur Sandton Auctioneers opgeveil gaan word.
Netwerk24
Kunstenaars wat verteenwoordig word, sluit in Christo Coetzee, Pieter van der Westhuizen, Frans Claerhout, Roy Taylor, Marie Vermeulen-Breedt, Adolph Jentsch, Bettie Cilliers-Barnard, Sydney Carter, Erich Mayer, Gregoire Boonzaier, Paul Munro, Patrick Rapai en Alexander Rose-Innes. Twee uitstekende waterverfwerke deur Walter Battiss, Natal Landscape en Ladies Washing Clothing at River word ook aangebied.
’n Groot verskeidenheid Persiese en Oosterse matte, los matte, lopers en antieke kelims in verskeie groottes en kleure uit verskillende streke van die wêreld is ook te kry.
Egtheid- en waardasiesertifikate is beskikbaar vir versekeringsdoeleindes.
Die veiling begin vanaf 10:30 en sal voortduur tot 14:30 op albei dae, Saterdag 14 en Sondag 15 September. Die verkoping word gehou by Atterbury Value Mart, Atterburyweg, Faerie Glen, Pretoria.
Besigtiging is ’n uur voordat elke veiling begin.
Vir meer besonderhede, kontak Ali Khansefid by 083 231 0729 of gaan na www.sandtonauctioneers.com om die katalogus af te laai. Die webwerf maak voorsiening vir telefoonaanbiedings vir diegene wat nie self die veiling kan bywoon nie.

Battiss se Ladies Washing Clothing at River, wat ook te koop gaan wees.
Netwerk24