Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Superskaars wiele onder die hamer

Old Johannesburg Ware­house Auctioneers se massiewe automobilia-, motor-, antiekware- en kunsveiling die komende naweek op 22 en 23 Junie by sy pakhuis in Selby gaan nie teleurstel nie.

Dié superskaars 2010-Chevrolet Corvette ZR1 met regterhandstuur wat slegs 2 500 km afgelê het, kan na verwagting vir tussen R1,5 miljoen en R2 miljoen verkoop. Die blits is een van slegs twee wêreldwyd.

Motoraficionado’s gaan kan kies en keur tussen 100 lotte motors en motorfietse uit verskillende tydperke.

’n Eklektiese versameling handelsname van oor die wêreld heen is te kry, insluitend Ford, Chevrolet, Rolls-Royce, MG, Triumph, BMW, Mercedes-Benz, Jaguar, Porsche, Harley-Davidson, Flying Pigeon en Austin vanaf die 1920’s tot en met die vroeë 2000’s.

Van spesiale vermelding is ’n superskaars 2010-Chevrolet Corvette ZR1 met regterhandstuur wat slegs 2 500 km afgelê het. Dié blits is een van slegs twee wêreldwyd.

Nog ’n klassieke juweel wat die koppe sal laat draai, is ’n 1932-Plymouth PB koepee. Dit is ten volle gerestoureer en kan na raming tussen R200 000 en R250 000 haal.

Dié motorlotte word op Saterdag net ná die kuns- en versamelaarsartikel-veiling aangebied.

Die 1932-Plymouth PB-koepee wat ten volle gerestoureer is, gaan na raming vir tussen R200 000 en R250 000 op Old Johannesburg Warehouse Auctioneers se veiling die komende naweek verkoop.

Die kunsveiling begin om 09:00 met 600 lotte. Ingesluit is pragtige meubels, ’n verskeidenheid silwer, keramiek, matte en koperware, waaronder ’n skaars H. Pit-koperkonfoor en -tessie.

Vir ’n verandering word meer as 100 lotte Suid-Afrikaanse en internasionale tradisionele en kontemporêre kuns deur die hele sessie versprei. Werke van kunstenaars soos Maggie Laubser, Harold Voigt, Walter Voigt, Diane McLean, Zakkie Eloff, Adriaan Boshoff, Christiaan Nice, Conrad Theys, Nico Roos, Llewellyn Davies, Allen Hallett en Sidney Goldblatt sal onder die hamer kom.

Op Sondag 23 Junie begin die “skattejag” om 09:00 met ’n troef van items wat veilinggangers ure lank sal besig hou.

Die alleenstaande juweliersware- en horlosiesessie begin om 13:00 met ’n groot aantal glinsterende lotte.

Besigtiging vir die veiling is oop op Vrydag 21 Junie vanaf 08:30 tot 16:00. Op veilingsdae is dit oop vanaf 08:00 tot die veiling om 09:00 begin. Veilige, bewaakte parkeerplek is beskikbaar oorkant die pad vanaf die pakhuis. Registrasie vir die veiling is gratis.

Alle katalogusse kan aanlyn besigtig word by www.oldjwauctioneers.com.

Vir meer inligting skakel 011 836 1650 of stuur ’n e-pos aan info@oldjwauctioneers.com.

Meer oor:  Johannesburg  |  Veteraanmotors  |  Wiele  |  Motors  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.