Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Virus of nie – onthou maar die huurkontrak

Die Covid-19-pandemie het ’n uitwerking op almal – hetsy ’n eienaar, verhuurder of huurder van eiendom(me).

Volgens Gerhard Kotzé, besturende direkteur van die RealNet Estate Agency Group, is dit belangrik om jou huurooreenkoms altyd op skrif te hê.

“Dit is nie net ’n vereiste van die Wet op Huurbehuising nie, maar ook die beste manier waarop jy enige toekomstige dispute oor die voorwaardes van jou huurooreenkoms kan vermy – veral as dit ’n ooreenkoms is wat beide partye baie vinnig gesluit het,” sê Kotzé.

Verhuurders moet voornemende huurders se kredietrekords goed nagaan – met skriftelike toestemming natuurlik – nog voordat die persone by die huureiendom intrek.

“Al het jy werklik die ekstra inkomste nodig, is dit veel belangriker om eerder iemand met ’n swak kredietrekord of slegte betalingsrekord weg te wys, as om later met die tydrowende en duur probleem te sit van ’n huurder wat nie sy huur betaal nie,” verduidelik Kotzé.

Volgens hom behoort ’n huurdokument van die volgende te inligting bevat:

  • Die kontakbesonderhede van beide die verhuurder en die huurder, sowel as hul telefoon- en noodnommers;
  • die adres en ’n beskrywing van die huureiendom;
  • besonderhede van die deposito, die maandelikse huurbedrag en die duur van die huurkontrak;
  • die verantwoordelikhede van die verhuurder en die huurder wat die onderhoud van die eiendom betref sowel as die sekuriteit; en
  • die prosedure wat gevolg moet word om die huurkontrak te beëindig, te kanselleer of te beëindig, sowel as ’n lys van die bestaande defekte van die eiendom wat gedurende ’n inspeksie opgeteken is. – Eiendomme-redaksie
Meer oor:  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.