Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Ysterperde verkoop hier soos soetkoek

Altesame 76% van die versameling van 312 motorfietse op H&H Classics se onlangse veiling by die National Motorcycle-museum in Engeland, het nuwe eienaars gekry.

Die Brough Superior 680 Black Alpine wat vir £120?750 op H&H Classics se onlangse motorfietsveiling verkoop het. Foto: H&H Classics

Een van die hoogtepunte was ’n Brough Superior 680 Black Alpine van 1932, wat vir £120 750 verkoop het.

Dié ysterperd is met vaardigheid deur ’n handelsmerk-spesialis gerestoureer en meganies hersien.

Die veiling het ook ’n hoogs versamelbare Vincent Black Knight van 1955 ingesluit. Dié fiets het in sy leeftyd slegs een eienaar gehad en £46 000 op die veiling gehaal.

“Dit is in ’n merkwaardige oorspronklike toestand en het slegs 58 000 myl afgelê,” sê Mark Bryan van H&H Classics se motorfietsafdeling.

Die veiling het ook ’n paar verrassings opgelewer. ’n Norton Model 16H van 1928, wat na verwagting vir tussen £10 000 en £12 000 sou verkoop, het £24 150 gehaal. Die fiets is saam met sy oorspronklike registrasie-dokumente en ’n omvattende geskiedenis-lêer verkoop. Nog ’n verrassing was ’n Rudge Ulster van 1939 wat vir £15 410 verkoop het.

Die kersie op die koek was egter ’n versameling van 21 motorfietse wat vir jare onder ’n verskeidenheid van bedekkings in ’n motorhuis, ’n tuinskuur en ’n keldergebou weggesteek is. Die motofietsentoesias het die fietse in die geheim versamel en sy gesin het die skatkis eers ná sy dood ontdek. Altesame 20 van die fietse het vir £25 000 verkoop.

Totale verkope van £1,3 miljoen is op die motorfietsveiling behaal.

Meer oor:  Motorfiets  |  Motors  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.