Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
JIP
Gratis toegang vir leerlinge by Kirstenbosch
Leerlinge kan nou gratis by Kirstenbosch kuier tydens weeksdae.Foto: VERSKAF

Tot aan die einde van die skooljaar kan leerlinge (ook matrieks) gratis toegang tot Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin kry – veral nuttig tydens die vakansie wat pas begin het.

Alle leerlinge tot gr. 12 kan dié tuine Maandae tot Vrydae tot 15 Desember gratis besoek.

Luidens ’n verklaring van Kirstenbosch bied hulle hierdie promosie aan om leerlinge die geleentheid te gee om tydens die eksamen veilig met mekaar te sosialiseer in die natuur.

“ ’n Groep dokters wat vir skole in die Skiereiland raad gegee het oor hoe om Covid-19 te voorkom en in die skool te bestuur, het op 13 Oktober ’n brief met advies uitgestuur oor hoe om matrieks veilig te hou vir hul eksamens.

“In die brief stel hulle beperkte sosialisering buite die skool en die bymekaarkom van ’n paar vriende in ’n oop area soos Kirstenbosch of ander oop areas in ons mooi stad voor.

“In reaksie op die brief wil Kirstenbosch graag daartoe bydra om Kaapstad se matrieks veilig te hou deur gratis toegang vir alle leerlinge te bied.”

Leerlinge kan by aankoms by die kaartjiekantoor net vra vir gratis toegang en hul sal die kaartjie ontvang.

Hier kan jy rondloop, die vars lug geniet, ’n piekniek hou of ’n bietjie ontdek wat die tuine alles bied.

Jy kan ’n kaart van die area kry en self alles ontdek of selfs ’n kaart vir die verskillende staproetes kry as jy ’n bietjie oefening wil geniet.

  • Om besoekers veilig te hou, word daar versoek dat almal maskers dra (tensy hulle weg van ander besoekers af sit of eet).
  • Kirstenbosch is elke dag van 08:00 tot 19:00 in die somer oop. Toegang vir leerlinge sal tot 15 Desember van Maandae tot Vrydae gratis wees. Vir volwassenes is dit R75 vir toegang; senior burgers kry op Dinsdae gratis toegang en studente betaal R40.
Meer oor:  Tuine  |  Leerlinge  |  Jip  |  Natuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.