Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
JIP
Lekkerleesboeke vir lui naweke en sonskyndae

Met die lente wat uiteindelik opgedaag het, is dit juis nou tyd om ’n lekker boek oor naweke of middae in die son te lees.

NB Uitgewers deel ’n paar boeke wat leerlinge sal geniet.

Foto:

Elf dae in New York

Deur Elizabeth Wasserman

Frances en Helene, haar modeontwerperstiefma, gaan kuier by haar stiefsussie Amie in New York. Frances is mal oor die stad met sy groot park en asemrowende argitektuur. Maar sommer gou begin die moeilikheid. Sy luister per toeval ’n ontstellende gesprek af. Boonop word die 12 balrokke wat Amie vir haar nuwe baas moet oppas, ontvoer!

Wasserman is tans ’n patoloog in privaat praktyk en was voorheen buitengewone professor in die afdeling geneeskundige mikrobiologie aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is die skrywer van onder meer die gewilde reekse Speurhond Willem, Dogtective William, Anna Atoom en Elf dae.

  • R190 Bladsye: 240

Absoluut Einstein

Deur Christien Neser

Die outistiese Micha uit Amper Einstein (2013) is in Absoluut Einstein in gr. 9, met Matriek-IT onder die knie. In sy nuwe skool moet Dylicia ’n ogie oor hom hou. Sy is die enigste meisie in die robotikagroep wat vir Grottobot Fest ’n robot bou en programmeer. Wanneer die Vuilhonde en Micha koppe stamp, is Dylicia in die middel vasgevang.

Neser is ’n spraakterapeut van Bryanston, Johannesburg. Sy het haar eerste boek, Kondensmelk (Lapa), in 2010 gepubliseer. Dit was die begin van die gewilde Elle-reeks.

  • R180 Bladsye: 160

Raaiselsee

Deur Troula Goosen

Wanneer Daniel ’n meisie in ’n rolstoel op Simonstad se kaai raaksien en besluit om haar hangertjie te steel, beland hy onverwags op ’n skip wat hom wegvoer na Skulpiesbaai. Maar wie is die ou vrou wat met die strandjutwolf langs die see verskyn? En waarom tree Caitlin so boosaardig op, terwyl sy vrees dat die Seevrou haar gaan kom haal?

Goosen droom sedert haar kinderjare daarvan om te skryf. Ná vele besige jare as binneversierder op Riversdal het sy in 2008 ’n aanlyn skryfkursus voltooi en skryf sedertdien kortverhale en novelles vir opvoedkundige uitgewers. In 2016 is Spooksoene, haar eerste vollengte jeugverhaal, met ’n ATKV-Woordveertjie bekroon.

  • R170 Bladsye: 160

Jungu Josh 2: Die kryger van Aboemondja

Deur Constant van Graan

Josh is ingehuldig as die nuwe koning van Kalimbula. Hy sukkel sonder sy ma en met die idee van koning wees, maar met die ondersteuning van Njeri en Ngandu begin hy moed kry. Silvia, sy ma, is egter nie dood nie. Sy word deur haar eie suster op die plaas aangehou. Intussen maak ’n misterieuse kryger haar verskyning en Josh se koningskap word tot die uiterste beproef. Hy vra die hulp van die geheimsinnige sifashama met hul rooi mantels, maar dit help nie. Masjeba se raad kom teen ’n prys. En waar is Silvia? Sal sy Kalimbula bereik voor dit te laat is en alles om Josh in duie stort?

Van Graan is ’n dosent in forensiese rekeningkunde aan die Noordwes-Universiteit. Hy is ’n skrywer en deeltydse musikant in die musiekgroep Pelican State.

  • R200 Bladsye: 240
Meer oor:  Lees  |  Boeke  |  Skrywers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.