Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
JIP
Matrieks: Berei só voor vir eksamen

Die jaar het gevlieg en die realiteit van die eindeksamen staar matrieks nou in die gesig. Met so min tyd voor hulle dié eksamen aanpak, is dit tyd om te begin voorberei.

Anne Eadie, stigter van The Answer Series, gee tien wenke vir matrieks om hulle te help voorberei vir hul laaste skooleksamen.

1. Begin vandag: Of jy in gr. 11 of matriek is, dit is nooit te vroeg om voor te berei nie.

2. Vind wat vir jou werk: Dieselfde ding werk nie vir almal nie. Probeer vasstel of jy produktiewer in die oggend of middag is en probeer ook jou energie volhou deur bv. ’n peuselhappie, draf of ’n middagslapie

3. Beplan vooruit: Skryf alles wat jy moet studeer per vak neer en beplan deur middel van ’n rooster.

4. Moenie heeldag studeer nie: Maak tyd vir oefening, om met vriende te gesels en selfs ’n episode van jou gunsteling TV-reeks te kyk. Balans is belangrik en geniet aftyd.

5. Kommunikeer: Deel jou leerskedule met familie en vriende sodat mense jou nie pla as jy studeer nie.

6. Neem notas: Moenie net jou werk deurlees nie, skryf dit wat jy leer neer sodat jy dit kan onthou.

7. Doen een ding op ’n tyd: Fokus op een onderwerp op ’n tyd as jy studeer.

8. Oefen: Probeer eers elke probleem op jou eie oplos voor jy na die oplossing kyk. Die beste manier om te leer is vanuit jou eie foute.

9. Bly positief: Dit gaan moeilik wees, maar probeer positief wees tot die eksamen klaar is.

10. Hê ’n plan: Maak seker jy het alles vir die eksamen voor jy uit die huis gaan; moenie te vroeg gaan en na paniekbevange vriende luister nie; en beplan jou tyd tydens die skryf van die vraestel.

Meer oor:  Matriekeksamen  |  Matrieks  |  Eksamen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.