Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
JIP
Op die kultuurfront:
Clifton Wagenstroom van die Hoërskool Strand is vir Speeltoneel 2020 goedgekeur. Foto: VERSKAF

Hoërskool Durbanville

Alle skolesport-aktiwiteite is vir eers opgeskort, maar by die Hoërskool Durbanville is dit aan die kulturele front behoorlik aan die woel.

Ses leerling van die skool het in die internasionale Afrikaans-ekspo 80% of meer in die onderskeie opstel- en poësie-kompetisies behaal.

Hulle is Dirike van Niekerk, Jenna de Wet, Annerie Lambrechts, Jana Laker, Nellie Slabbert en Janlu Basson.

In die ATKV-Tienertoneel se nasionale monoloogkompetisie het agt Durbies goue of silwer-toekennings ontvang.

Hulle is Lisa Kukard (wat ook vir die top-20-halfeindronde gekwalifiseer het), Ann-ne Venter, Jeanrie Myburg, Jaco Barnard, Cara Kemp, Ana Watson, A’Marie Engelbrecht en Eloff Snyman.

Hoërskool Strand

Goeie toneelspelers skop jy nie sommer agter elke bos uit nie, maar Clifton Wagenstroom, ’n gr. 10-leerling van die Hoërskool Strand, is so pas in kennis gestel dat hy vir die toneelkompetisie Speeltoneel 2020 goedgekeur is.

Hy sal nou gedurende die volgende 12 maande onder hande geneem word deur bekende beroepspelers soos Desiré Gardner (van die TV-sepie Suidoostrer), Reynardt Hugo, Germandt Geldenhuys en Je-ani Swiegelaar (almal van die sepie Binnelanders).

Meer oor:  Jip  |  Kultuur  |  Skoolaktiwiteite  |  Kultuuraktiwiteite  |  Leerder  |  Aktiwiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.