Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
JIP
Ope dae steeds baie belangrik vir jou toekoms
Ope dae is belangrik vir matrieks om die regte studierigting te kies.Foto: PIXABAY

Oor die volgende paar weke begin verskeie hoëronderwysinstellings weer ope dae in lewende lywe hou nadat dit verlede jaar virtueel moes plaasvind tydens die piek van die eerste Covid-19-vlaag.

Hoewel hierdie geleenthede weer in persoon gehou word, word voornemende studente versoek om so spoedig moontlik in te skryf aangesien die getalle beperk sal wees as gevolg van Covid-19-veiligheidsprotokolle.

“Diegene wat ernstig is om volgende jaar verder te studeer en al hul opsies te ondersoek oor wat die beste kwalifikasie vir hulle is en waar hulle moet studeer, sal baie baat vind daarby om hierdie ope dae by te woon,” sê Peter Kriel, algemene bestuurder van die Onafhanklike Instituut vir Onderwys.

Kriel sê dit is belangriker as ooit dat leerlinge hul opsies deeglik moet oorweeg, gegewe hoe die wêreld van werk die afgelope jaar verander het en ook omdat Covid-19 en die inperkings regtig benadruk watter instellings akademiese uitnemendheid van die hoogste gehalte kon lewer sonder om enige akademiese dae te verloor.

Benader ope dae só

Voornemende studente wat die ope dae bywoon, moet spesifiek vrae hoe die leerervaring tydens die inperking behou is, sê Kriel, gegewe dat dit nie buite die kwessie is dat daar in die toekoms weer onderbrekings in direkte onderrig kan wees nie.

“Die dae is verby dat matrieks en diegene wat ’n nagraadse kwalifikasie wil behaal nie veel meer moes doen as om by enige universiteit vir ’n gewilde of tradisioneel gesogte graad in te skryf nie.

“Enigiemand wat nou wil gaan studeer, moet sorg dat hy of sy baie duidelik is oor die verband wat hul gekose kwalifikasie binne ’n paar jaar met werklike geleenthede sal hê, asook die instelling se vermoë om voort te gaan ten spyte van die eksterne uitdagings,” sê Kriel.

Hy sê dis belangrik dat voornemende studente verskeie instansies se ope dae bywoon sodat hulle hul ervarings van die kampusse en hul verskillende aanbiedings kan vergelyk voordat hulle ’n besluit neem.

“Die doel van ope dae is om voornemende studente te help om ingeligte keuses te maak. Om jou opleiding te bevorder is ’n beduidende belegging van geld en tyd, dus hoe meer jy navorsing doen voordat jy met jou toekomstige pad begin, hoe groter is die kans dat jy ’n sukses van jou studie sal maak,” sê hy.

Hoewel baie van die inligting oor jou voornemende studie aanlyn gevind kan word, bied die bywoning van ope dae jong mense die geleentheid om van aabgesig tot aangesig met studentevoorligters te praat, kampusfasiliteite te sien en ervaar, die kampuslewe te ondervind en met huidige studente te gesels.

Ope dae sluit gewoonlik loopbaan- en kwalifikasiebegeleiding, kampustoere, oorsigte van sport- en sosiale aktiwiteite en verblyfopsies in.

Ope dae sluit gewoonlik loopbaan- en kwalifikasiebegeleiding, kampustoere, oorsigte van sport- en sosiale aktiwiteite en verblyfopsies in.

Kriel sê diegene wat nog onseker is oor watter pad hulle wil volg, kan duidelikheid kry deur met studentevoorligters te praat.

“Hulle kan jou help om jou passies en sterkpunte aan te pas by die kwalifikasies – waarvan jy miskien nog nie eens gehoor het nie – wat jou in die toekoms op ’n suksesvolle loopbaan sal plaas.

“Dit is baie belangrik dat jy ook studentevoorligters moet vra oor die rol wat werkgeïntegreerde leer in die kwalifikasies van die instelling speel, omdat werkgewers vandag wil sien dat ’n nuwe aanstelling die werk van dag een af kan doen en nie maande se opleiding nodig het om hul akademiese kennis aan te pas by die daaglikse vereistes van die werk nie.”

Ope dae stel voornemende studente ook in staat om ’n breë oorsig te kry oor loopbane en loopbaangeleenthede, asook die besonderhede van die logistiek wat voorlê indien hulle besluit om aansoek te doen.

“Matrieks moet nie die besluit oor wat om te studeer tot ná die eksamen laat nie of, nog erger, eers nadat hulle volgende jaar hul uitslae ontvang het nie,” sê Kriel.

“Ope dae bied ’n wonderlike, prettige geleentheid om jou opsies te ondersoek. As jy vroeër as later jou planne vir volgende jaar uit die weg ruim, sal jy jou bekommernisse oor die toekoms in die komende maande verlig.”

Meer oor:  Studies  |  Studente  |  Toekoms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.