Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
JIP
Skolesportnuus
CHRISTCHURCH, NEW ZEALAND - MARCH 19: A Gilbert Ru
CHRISTCHURCH, NEW ZEALAND - MARCH 19: A Gilbert Ru
Galo Images

’n Eerste in Suid-Afrika

Die 2021-rugbyseisoen lê nog in die verskiet, maar môre word ’n stukkie rugbygeskiedenis gemaak wanneer die eerste volle grootte sintetiese rugbyveld in Suid-Afrika by die Curro-skool in Durbanville in gebruik geneem word.

Die veld met ’n “turftech”- oppervlak is ’n Britse ontwerp wat aan internasionale standaarde voldoen, lui die verklaring wat die skool uitgereik het.

’n Soortgelyke mini-rugbyveld – ongeveer ’n kwart van ’n volle veld – is reeds op Stellenbosch in gebruik.

Die veld sal later ook voorsien word van ’n spreiligstelsel “wat onder die beste stelsels in die land sal wees”, het ’n woordvoerder van die skool die afgelope week gesê.

Die rugbyveld sal gedurende die somer ook vir laerskool-krieketwedstryde gebruik kan word deur middel van ’n spesiaal ontwerpte krieketmat wat in die middel van die speelveld ingevoeg sal word.

Nasionale krieketkompetisie

Die Westelike Provinsie Krieketunie is angstig om – ná die tussenkoms van die viruspandemie – die spel weer onderweg te kry. En daarom sluit die skole se inskrywings vir aanstaande jaar se 13de nasionale T20-uitklopkompetisie reeds vandag.

Dit is die enigste krieketkompetisie waaraan alle skole in die land op ’n individuele basis kan deelneem.

Omdat die eerste skoolkwartaal van 2021 ietwat korter as gewoonlik is, sal die eerste uitklopwedstryde sommer reeds in die eerste skoolweek afgehandel moet word om alle wedstryde ingepas te kry. Die kwart- en halfeindwedstryde word teen die einde van Februarie afgehandel, waarna die voorste spanne van die WP en Boland mekaar op 4 Maart die stryd sal aansê. Die Wes-Kaapse streekwenner dring dan deur na die nasionale eindronde waar hy saam met die ander streekwenners van 12 tot 14 Maart sake sal uitspook.

Wat die kompetisiereëls betref, is nié weggedoen met die bepaling dat daar minstens twee gekleurde spelers (“players of colour”) te alle tye by die wedstryd betrokke moet wees nie.

Meer oor:  Krieket  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.