Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Appelkose trek swaar

Suid-Afrika se bulida-appelkoos­-oes is vanjaar 43% kleiner as verlede jaar s’n, sê Jacques Jordaan, die uitvoerende hoof van die Inmaakvrugteprodusentevereniging.

Volgens Jordaan het dié appelkose ’n reputasie in die markplek uitgekerf vir goeie kleur en tekstuur. Vanjaar sal kopers egter met minder tevrede moet wees.

“Die afgelope vier jaar het die oesgrootte vir inmaak en sap tussen 22 502 ton en 34 708 ton gewissel en daarom is dit veel beter om liewer die 2019-’20-oes agter ons te sit. Van die totale skatting van 14 343 ton is 12 843 ton vir inmaak en sap gelewer. Die seisoen was verby nog voordat dit begin het,” voer hy in ’n verklaring aan.

Kleiner oes

Jordaan meen die kleiner appelkoos-oes het die land se inmaakvrugteprodusente ook ’n verdere knou gegee.

“Meeste van die appelkose word in die Robertson- en Klein-Karoo-streke geproduseer, en met die voortslepende droogte in die Klein-Karoo is dit tans ’n saak van oorlewing. Om die bedryf te herstel sal ’n duur en stadige proses wees. Meer as 296 ha se vrugteboorde is reeds vanweë die droogte verloor.”

Die droogte is egter nie al faktor wat ’n rol in die swak oes gespeel het nie. “Die Wes-Kaap se vrugtedraende gebiede het aansienlik minder koue eenhede teenoor die langtermyngemiddelde gekry. Verder het die ongunstige weerstoestande tot baie swak vrugset gelei.

“Daar was ook ’n afwesigheid van vrugtetrosse op die appelkoosbome. Vruggrootte was kleiner, wat weer tot laer tonnemaat gelei het.”

Jordaan meen die lae inkomste per hektaar vanweë die swak oes is nie goeie nuus nie vir ’n bedryf wat hektare teenoor ander meer winsgewende gewasse verloor. “Strategiese ingryping deur belangegroepe is nodig om die vertroue te herstel en die bedryf op sy voete te bring.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.