Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Atkin vol lof vir SA wyn

’n Kombinasie van ou wingerde, jong wynmakers, gevestigde name, uiteenlopende terroir en ’n gees van “alles is moontlik” maak van die Kaap een van die opwindendste wyngebiede in die wêreld, sê die Britse joernalis en wynmeester Tim Atkin.

Tim Atkin

Atkin het verlede week sy sewende jaarlikse gids tot wyn in Suid-Afrika (2019 South Africa Special Report) bekend gestel, en was weer vol lof vir die gehaltewyne wat hier geproduseer word.

Dié verslag bestaan uit onder meer die topwyne van die jaar, tellings vir nagenoeg 2 118 wyne met hul kleinhandelpryse, altesaam 1 447 proenotas en Atkin se 2019-klassifikasie van die 250 beste wynmakerye.

Die twee wyne wat 99 uit ’n moontlike 100 punte ontvang het, is die Boschkloof Epilogue Syrah 2017 en die Sadie Family ’T Voetpad 2018. Geen wyn het vanjaar volpunte gekry nie.

Kanonkop se 2015 Kanonkop Paul Sauer het verlede jaar dié eer te beurt geval om die eerste keer in die verslag se bestaan volpunte by Atkin te kry.

In die 2019-verslag het 159 wyne 95 punte of meer verdien. Atkin het vanjaar die druifsoorte chardonnay, chenin blanc, cinsault en syrah vir spesiale lof uitgesonder.

Daarbenewens het hy ook die groot potensiaal van albariño, agiorgitiko, assyrtiko, furmint, grenache blanc, grenache noir, malbec, mourvèdre, petit verdot, roussanne en verdelho erken.

Vanjaar se toppreesteers:

  • Wynmakers van die Jaar: Eben Sadie en Paul Jordaan van The Sadie Family Wines
  • Beste Jong Wynmaker: Bernhard Bredell, Scions of Sinai
  • Topdruiweboer: James Downes, Shannon Vineyards
  • Koöperasie van die Jaar: Windmeul-kelder
  • Wynmaaklegende: Gyles Webb van Thelema Mountain Vineyards
  • Beste kelderervaring: Creation Wines
  • Beste Witwyn: 2018 Sadie Family ’Te Voetpad.
  • Beste Rooiwyn: 2017 Boschkloof Epilogue Syrah
  • Beste Rosé: 2019 Holder Dorper Elmie Rosé
  • Beste Vonkelwyn: 2014 Graham Beck Cuvée Clive
  • Beste Soetwyn: 2016 Klein Constantia Vin de Constance.
  • Beste Gefortifiseerde Wyn: 2017 De Krans Cape Vintage Reserve
  • Rooiwynontdekking: 2018 AA Badenhorst Ringmuur Cinsault
  • Witwynontdekking: 2018 Wolf and Woman Chenin Blanc
  • Beste Waarde-Witwyn: 2019 Mulderbosch Sauvignon Blanc
  • Beste Waarde-Rooiwyn: 2018 Fairview Grenache Noir
  • Beste Waarde-Rosé: 2019 Bon Courage Lady of the House Pinotage Rosé
  • Beste Waarde-Vonkelwyn: NV KWV Laborie Blanc de Blanc
  • Beste Waarde-Soetwyn: 2017 Highlands Road Noble Late Harvest, Elgin
  • Beste Waarde-Gefortifiseerde Wyn: 2012 Allesverloren Fine Old Vintage
Meer oor:  Tim Atkin  |  Wyn  |  Landbou  |  Wynplaas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.