Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Bladskud: Fruit SA kry nuwe indoena

Vangile Titi-Msumza is onlangs as die nuwe voorsitter van Fruit South Africa, ’n sambreelliggaam vir die hele vrugtebedryf op eie bodem, verkies.

Sy het die leisels van hierdie organisasie amptelik op 1 April by Justin Chadwick oorgeneem. Anton Kruger is die visevoorsitter van die organisasie.

Die raad van Fruit SA het luidens ’n verklaring gesê hy is vol vertroue dat hierdie aanstellings die organisasie ’n verdere hupstoot sal gee om sy doelstellings rakende marktoegang en transformasie te bereik, en die fokus te behou om beter samewerking tussen die bedryf en die regering te bewerkstellig.

Titi-Msumza was ten tyde van haar verkiesing die visevoorsitter van Fruit SA. Sy dien al sedert Oktober 2017 in die organisasie se raad.

Volgens Titi-Msumza sien sy daarna uit om haar leierskaprol in hierdie dinamiese organisasie voort te sit – in ’n tyd waar progressiewe en behendige leierskap nodig is om die bedryf se transformasie-agenda na nuwe hoogtes te neem, en sy bydrae tot ekonomiese groei en werkskepping te verhoog.

  • “Fruit South Africa het in statuur gegroei en word nou erken as die top-vrugteliggaam in Suid-Afrika. Titi-Msumza is die regte persoon om hierdie reis voort te sit en die organisasie na nuwe hoogtes te neem,” het Chadwick as die uittredende voorsitter gesê. Fruit South Africa verteenwoordig die volgende organisasies: Berries ZA, die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika, Varsprodukte-uitvoerdersforum, Hortgro, die Suid-Afrikaanse Subtropiese Kwekersvereniging en die Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryf.
Meer oor:  Transformasie  |  Aanstelling  |  Vrugtebedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.