Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Bladskud: Vititec kry nuwe indoena

André van Wyk is aan die begin van die nuwe jaar as die nuwe uitvoerende hoof van Vititec, die Suid-Afrikaanse wynbedryf se wingerd- en tafeldruifplantmateriaal-verskaffer, aangestel.

André Van Wyk. Foto: VERSKAF

Van Wyk het die afgelope vier jaar as produksiebestuurder van die afdeling vir vrugteverpakking by die landbouonderneming Du Toit Vrugte gewerk.

Hy was luidens ’n verklaring ook voorheen aan die Suid-Afrikaanse Tafeldruiforganisasie (Sati) verbonde as bestuurder van marktoegang en tegniese ondersteuning, sowel as die diensbestuurder van die Beheerraad vir die Uitvoer van Bederfbare Produkte (PPECB).

Van Wyk neem op 1 Maart vanjaar amptelik die leisels by Nico Spreeth oor. Spreeth tree aan die einde van die maand as die uitvoerende hoof uit.

“Ek sien daarna uit om met Vititec se span saam te werk om selfs nog meer waarde tot die Suid-Afrikaanse wynbedryf toe te voeg deur die maatskappy se hoogstaande plantmateriaal en dienslewering,” sê Van Wyk oor die nuwe uitdaging wat vir hom voorlê.

“Moeilike tye, soos wat die wyn- en breër landboubedryf die afgelope paar jaar beleef het, is ’n katalisator vir innovasie en nuwe, gefokusde denke, wat ek glo die bedryf selfs sterker sal maak.

  • Vititec is ’n filiaal van die wynbedryfsliggaam Vinpro en is in die Paarl gebaseer – met persele in onderskeidelik Vredendal en Grondves buite Stellenbosch, sowel as ses kwekerypersele in die omgewing van Clanwilliam en Piketberg. Die maatskappy fokus onder meer op die virusreiniging van wingerdplantmateriaal. Vititec voorsien meer as 95% van die bostokplantmateriaal en nagenoeg 50% van die onderstokplantmateriaal aan die Suid-Afrikaanse wynbedryf. – Landbou-redaksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.