Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Blik op veilings

Veilingkoors loop nog hoog in die Wes-Kaap met toppryse wat die laaste maand op verskeie produksieveilings oor die provinsie heen behaal is. LandbouBurger deel die verslae van enkele van hierdie suksesvolle veilings. BKB het al die foto’s verskaf.

Wes-Kaap Dormers het op 16 Augustus hul sewende produksieveiling by die Boland-landbouskool in die Paarl gehou. Die veilingaanbod het uit ramme, oop ooie, ooie met lammers en dragtige ooie bestaan. Die dormerstoeterye Remkuil, Nuweland en Rhenosterbosrug was die verkopers. Die duurste geregistreerde ram op die veiling is vir R36 000 aan Barend Uys van Mosselbaai verkoop, terwyl die naasduurste ram vir R29 000 van die hand gesit is. Op die foto saam met die duurste ram is (van links) Klein Boeta Maring (Nuweland Dormers), Hanro Knoetzen (verkoper), Ewan Louw (verkoper) Barend Uys (koper), Andries Terreblanche (hanteerder) en Carl Malherbe (BKB). Die duurste geregistreerde ooi op die veiling is vir R10 000 aan Kent Flanegan van Tweespruit verkoop. Rhenosterbosrug Dormers was die verkoper.
Manie en Johan Fourie, van die stoetery Oude Muragie Merino’s, het op 20 Augustus hul 11de produksieveiling op die plaas Oude Muragie by Heidelberg in die Suid-Kaap aangebied. BKB Wes-Kaap het die veiling behartig en Niel Jordaan het as die afslaer opgetree. Die duurste ram op die veiling is vir R19 000 aan die boerdery Gerbrandt Broers van Heidelberg verkoop. Op die foto saam met die duurste ram is (van links) Niel Strydom (BKB-afslaer), Pieter Aucamp (BKB), Johan Fourie (verkoper), Gerbrandt Rademan (koper) en Manie Fourie (verkoper). Voor sit Ricardo Rudolph, die hanteerder.
Boere van Moorreesburg in die Swartland het op 1 Augustus saamgetrek om hul 31ste promosieveiling op die plaas Drie Heuwels by dié dorp aan te bied. Die veilingaanbod het uit merinoramme, SA-vleismerino’s en dormerramme bestaan. Daarbenewens het 50 merino-ooie ook onder die hamer gekom. Die duurste merinoram (lot 3) is vir ’n uitstekende bedrag van R64 000 van die hand gesit. Dié ram is gesamentlik deur die stoeterye Komarsekraal, Patryskraal, Verfheuwel en Staatmaker Merino’s gekoop. Op die foto saam met die duurste ram is (van links) Appie Maritz (BKB-afslaer), Jan Hugo (BKB), Dirk Uys (koper van die duurste ram), Johan Kotze (verkoper van die duurste ram) en Brian Esterhuizen (hanteerder). Die naasduurste ram is deur Jan de Villiers vir ’n bedrag van R40 000 aan Eric Louw van Moorreesburg verkoop.
Die Maxi Merino-groep het op 22 Augustus vanjaar hul tweede produksieveiling op die plaas Elandsberg in die Hermon-distrik aangebied. Die veilingaanbod het uit ramme, ooie en slagskape bestaan. BKB Wes-Kaap het die veiling behartig en Appie Maritz het as die afslaer opgetree. Die duurste ram op die veiling is aan Charl Hamman, van die Populierbos-boerdery by Malmesbury, vir R24 000 verkoop. Die verkoper was Eben Schellink van die stoetery Swartland Merino’s. Die naasduurste ram is vir R19 000 van die hand gesit, terwyl die gemiddeld vir die veiling R9 948 was. Op die foto (van links) is Pierre Vlok (BKB), Appie Maritz (BKB), Jan Olivier (BKB), Pieter en Charl Hamman (die kopers van die duurste ram), Maxwell Isaacs (hanteerder) en Eben Schellink (die verkoper).
Op 27 Augustus het Ben Brynard, die eienaar van die stoetery Vrugbaar Merino’s in die Calviniastreek, sy 18de produksieveiling op die Hantam Lewende Hawe-perseel aangebied. Die duurste ram is aan Ras, Niel, Jannie en Diederik van Pletzen én Le Roux Fourie van Jamestown vir R58 000 verkoop. Op die foto (van links) is Sandra van Pletzen (namens die kopers van duurste ram), Diederik van Pletzen (namens die kopers van duurste ram), Appie Maritz (BKB-afslaer), Thinus van Schalkwyk (BKB), Dieter Schutte (BKB) en Ben Brynard (die verkoper van die duurste ram). Die gemiddelde veilingsprys van al 30 ramme was R12 500.
Marcellene van Rooyen, die eienaar van Mullersvlei Dohnemerino’s in die Williston-distrik, het op 27 Augustus haar 32ste produksieveiling op die Hantam Lewende Hawe-perseel gehou. Daar was twee ramme wat op die dag toppryse behaal het: ram MV 18-106 is vir R17 000 aan Koenas van der Westhuizen van Nieuwoudtville verkoop, terwyl Die Vyekraal-boerdery van Darling ram MV 18-349 vir R17 000 gekoop het. Hier, saam met die twee duurste ramme, is (van links) Appie Maritz (BKB-afslaer), Koenas van der Westhuizen (koper van die duurste ram), Thinus van Schalkwyk (BKB), Dawid Swart (hanteerder), Ian Groenewaldt (koper van die duurste ram) en Marcellene van Rooyen (verkoper van die duurste ramme).

Meer oor:  Bkb  |  Wes-Kaap  |  Landbou  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.