Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Boek kyk na wingerdgrond

’n Boek wat die wingerd­bedryf sal help om wyn- en tafeldruiwe volhoubaarder te verbou deur op grondvoorbereiding te fokus, is onlangs buite die Paarl op ’n spesiale geleentheid bekend gestel.

Die skrywers van die nuwe boek oor grondbewerking vir die wingerdbedryf, Soil Preparation for Sustainable Wine and Table Grape Vineyards, is drs. Johan van Zyl en Eduard Hoffman. Foto: David Savage

Die boek, Soil Preparation for Sustainable Wine and Table Grap­e Vineyards, is ’n produk van die grondkundiges drs. Johan van Zyl en Eduard Hoffman en sluit grondkennis in wat uit navorsing en praktiese ervaring oor die laaste 100 jaar in Suid-Afrika verkry is. Dié boek raak aan alle aspekte van grondvoor­bereiding.

Van Zyl sowel as Hoffman is verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se departement grondkunde.

Dié boek is ’n ge­samentlike onderneming tussen Wine­tech, die Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryf en die landboumaatskappy Villa.

Die boek bevat nie net praktiese inligting vir die wingerdbedryf nie, maar gee ook agtergrond vir elkeen van die aanbevelings wat gemaak word en word deur eksperimentele bewyse gerugsteun. Daar is ook heelwat foto’s om die konsepte toe te lig en te verduidelik, lui ’n verklaring.

Die boek is onder meer daarop gemik om produsente meer in te lig oor ander vorme van grondbewerking – in plaas van net diepbewerking – sowel as watter tipes grond sekere bewerkingsmetodes vereis en watter implemente gebruik moet word.

Die teikenleser is wyn- en tafeldruifprodusente, tegniese adviseurs, studente en navorsers wat die onderwerp verder wil ondersoek.

Volgens Hoffman word regdeur die boek klem op wortelverspreiding geplaas – ’n voorvereiste vir hoë en volhoubare wingerdprestasie. Van Zyl het op sy beurt gesê dat wingerdgrond in Suid-Afrika dikwels vlak is, en in baie gevalle oor hoë suurvlakke beskik.

Die boekomslag.

As gevolg daarvan moet die grond eers voorberei word voordat wingerd suksesvol gevestig kan word, ten einde te verseker dat dit op lang termyn volhoubaar sal wees.

Volgens Van Zyl is dít waarom Suid-Afrika al baie jare ’n wêreldleier met betrekking tot grond­bewerking is.

  • Belangstellendes kan ’n eksemplaar van die boek Soil Preparation for Sustainable Wine and Table Grape Vineyards kry as hulle gedurende Septembermaand een van Winetech en Vinpro se streekslinligtingdae bywoon. Lees op bl. 6 meer hieroor of besoek www.vinpro.co.za.

Diegene wat nie die inligtingsdae kan bywoon nie, kan ná 6 Oktober ’n e-pos na lucinda@winetech.co.za stuur.

Meer oor:  Wyn  |  Boek  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.