Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Bon Courage groot wenner by Terroir

Die wynlandgoed Bon Courage vanuit die Robertsonvallei het vanjaar met altesaam drie nasionale wenwyne op die 14de Novare SA Terroir-wynpryse koning gekraai.

Bon Courage het tussen ’n rekordgetal van 328 inskrywings vanjaar uitgetroon, en pryse vir onderskeidelik ’n colombardwyn, Cap Classique-vonkelwyn en ’n roséwyn verower.

Die toekenningsgeleentheid is op 1 Augustus op die Anura-landgoed in Stellenbosch gehou.

Die wenners van vanjaar se trofeë: Voor van links is Newald Marais van Kranskop (wyngebiedtrofee), Paul Burger van Nuy (topwyntrofee), Gielie Beukes van Doolhof (topenkelwingerdwyn) en Jacques Bruwer van Bon Courage (toplandgoed). Agter van links staan Christo Pienaar, Nuy-keldermeester, Ola Leepile, uitvoerende hoof van Novare Holdings, Philip Viljoen van Bon Courage (topprodusent) en Derrick Roper, stigter van Novare Holdings. Foto: ANDREW GORMAN

Slegs wyne gesertifiseer as enkelwingerdwyn, landgoed-geproduseerde wyn én ’n wyn uit ’n wyk of distrik wat nie in meer as een wyk verdeel is nie, mag aan hierdie kompetisie deelneem.

Bon Courage se wennerwyne vanjaar was Bon Courage André’s Fame Colombard 2019, Bon Courage Jacques Bruére Blanc de Blanc Cap Classique 2011 en Bon Courage Lady of the House Pinotage Rosé 2019.

Verskeie ander wyne van Bon Courage het ook goeie punte behaal, en dié landgoed ook ver­seker van die Novare-trofee vir die topwynlandgoed sowel as die Novare-trofee vir die top­terroir­produsent.

Daarbenewens het die landgoed se drie nasionale wenners en twee ander nasionale wenners wat deur kelders in die aangrensende Klaasvoogdswyk ingeskryf was – die Kranskop Tannat 2017 en Rietvallei JMB Cabernet Franc 2014 – ook aan hierdie twee wynterreine in die Robertsonstreek die Novare-trofee vir die topwyngebied besorg.

Vanjaar was ook die eerste keer dat ’n trofee aan ’n topwyn toegeken is, en die wenner daarvan kom vanuit die Nuyvallei buite Worcester. Die Nuy-wynkelder het twee nasionale wenners ingeskryf, die Nuy Mastery Cabernet Sauvignon 2016 en die Nuy Wit Muskadel 2006, waarvan die cabernet sauvignon as die topwyn uit ál die inskrywings aangewys is.

Die wynlandgoed Doolhof in Wellington het vanjaar twee nasionale wenwyne ingeskryf – die Doolhof Riviersteen Chenin Blanc 2017 en Doolhof Signature Single Vineyard Merlot 2017. Die Riviersteen Chenin Blanc 2017 het ook die trofee vir die top­enkelwingerdwyn ontvang.

Nog twee kelders het vanjaar twee nasionale wenwyne ingeskryf, naamlik Ormonde in Darling en die Neethlingshof-landgoed in Stellenbosch. Ormonde se twee nasionale wenners is die Ondine Grenache 2016 en Ormonde Single Vineyard Chip off the Old Block Shiraz 2015. Neethlingshof se twee nasionale wenners is die Neethlingshof Gewürztraminer 2019 en Neethlingshof The Short Story Collection The Maria Weisser Riesling Edel Laatoes 2017.

Die ander nasionale wenners is soos volg:

  • Anura Petit Verdot Reserve 2013;
  • Baleia Sauvignon Blanc 2019;
  • Bartinney Chardonnay 2017;
  • Boplaas Cape Vintage 2013;
  • Bushmanspad Estate Malbec 2017;
  • Creation The Art of Pinot Noir 2017;
  • De Krans Touriga Nacional 2017;
  • Flagstone Treaty Tree Reserve Sauvignon Blanc/Sémillon 2017 (wit versnit);
  • Ghost Corner Sémillon 2017;
  • Kaapzicht Skuinsberg Cinsaut 2018;
  • Lourensford Limited Release Viognier 2018;
  • Mischa Estate Roussanne 2018;
  • Nitida Riesling 2018;
  • Slanghoek Vinay Natural Sweet Vin Rosé n/v;
  • The Glen Carlou Collection Red Blend 2017;en
  • Wildekrans Pinotage Barrel Select Reserve 2016.

Die volledige uitslae is op www.terroirwineawards.co.za beskikbaar.

Meer oor:  Landbou  |  Wyntoekennings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.