Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Het jy gehoor?
Boschendal is vanjaar gasheer vir Kaapse Wynveiling

Vanjaar se Kaapse Wynveiling gaan op die historiese wynlandgoed Boschendal naby Franschhoek in die hartjie van die Kaapse Wynlande gehou word.

Foto: ISTOCK

Dié veiling vind op 14 en 15 Februarie plaas by die wynplaas wat van 1685 dateer. Die venue vir die Vrydagaandveiling is The Werf-restaurant in die opgegradeerde oorspronklike kelder van die hoofopstal. Die hoofveiling word op die Saterdagaand in die onthaalruimte The Olive Press gehou.

Die Kaapse Wynveiling, wat deur Nedbank Private Wealth geborg word, het in sy sewe bestaansjare al meer as R86 miljoen vir liefdadigheid ingesamel. Die doel daarvan is om geld bymekaar te maak vir onderriggeleenthede vir kinders in die Wynlande.

Anders as in die verlede, bied die Vrydagaandveiling vir die eerste keer aan bieërs 15 eenmalige naweek-wynmaker-ervarings saam met van die land se voorste wynlandgoedere.

Op die Saterdagaandveiling kan op eksklusiewe lotte gebie word, wat geld byna nie kan koop nie. Dit sluit in ’n seiljag-ekspedisie waar agt mense vir sewe dae na Raja Ampat in Indonesië sal vaar. ’n Eenmalige bestuurservaring op ys by die Jaguar Land Rover Ice Academy in Arjeplog aan die rand van die Arktiese sirkel is ook beskikbaar.

Vir meer inligting oor die veiling, kontak Darielle Robertson by darielle@thecapewineauction.co.za

Meer oor:  Franschhoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.