Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Chenin blanc raak ál beter

Die wenners van vanjaar se Standard Bank Chenin Blanc Top-10-uitdaging is ’n bewys van watter vordering daar op eie bodem met dié druifsoort gemaak word, aldus die Chenin Blanc-vereniging.

Die wenners van vanjaar se Standard Bank Chenin Blanc Top-10-uitdaging. Foto: Verskaf

Altesaam 87 wynprodusente het vanjaar 150 wyne vir dié wynkompetisie ingeskryf, waarna die tien beste wyne op 30 Augustus in Kaapstad met pryse vereer is.

Die topprodusente het ook elkeen ’n kontantprys van R25 000 ontvang wat aangewend moet word op ’n wyse wat ekonomiese en maatskaplike voordele in die werkplek versterk.

Dié wynkompetisie is in 2014 ingestel, en sedertdien is die wynlandgoed Stellenrust nog die enigste wynprodusent wat die toptien elke jaar haal.

Cathy van Zyl, wynmeester en voorsitter van die beoordelaarspaneel, het gesê die meerderheid van die toptien-wyne is gemaak van druiwe afkomstig uit wingerde wat 30 jaar en ouer is – die oudste synde een wat 55 jaar gelede geplant is.

“Onder hulle is daar egter ook wyne gemaak van druiwe van stokke wat tien en agt jaar oud is – dít dui op wat met kundige wingerdbou en wynmaaktegnieke bereik kan word.”

Die druiwe van vyf van die toptien kom van wingerde in die Stellenbosch-omgewing, terwyl die druiwe vir die ander vyf in die Cederberge en in die omgewing van Durbanville, die Paarl, Slanghoek en Wellington verbou is.

“Internasionale smaakbepalers se toenemende fokus op chenin blanc het ongetwyfeld gehaltestandaarde help verhoog. Die onlangse chenin blanc-kongres in Angers in Frankryk het op ondubbelsinnige wyse by afgevaardigdes tuisgebring die mate waartoe Suid-Afrikaanse produsente met hierdie variëteit gevorder het, sowel wat gehalte as stylverskeidenheid betref,” het Ken Forrester, die vereniging se voorsitter, weer gesê.

Stephan van der Merwe, die hoof van Standard Bank se handelsbankbedrywighede in die Wes-Kaap, meen weer dit is verblydend om te sien dat die gemiddelde prys per bottel van vanjaar se topwyne tot R255,80 gestyg het. Verlede jaar was dit R200.

Die wenners vir 2019, in alfabetiese orde, is:

  • Cederberg Cellars Five Generations Chenin Blanc 2017
  • DeMorgenzon Reserve Chenin Blanc 2018
  • Durbanville Hills Collector’s Reserve The Cape Garden Chenin Blanc 2018
  • Flagstone Winery Tributary Bush Vine Chenin Blanc 2018
  • Ken Forrester Wines The FMC 2018
  • Kleine Zalze Family Reserve Chenin Blanc 2018
  • Kleine Zalze Vineyard Selection Chenin Blanc 2018
  • Rijk’s Cellar Touch of Oak Chenin Blanc 2017
  • Slanghoek Wynkelder Legends Barrel Fermented Chenin Blanc 2017
  • Stellenrust The Mothership Chenin Blanc 2018

Het jy geweet?

Suid-Afrika is die land met die grootste aanplantings van chenin blanc – dít beslaan saam sowat 17 000 ha.

Meer oor:  Chenin Blanc  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.