Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Dié wynsake bespreek

Hoe vaar die Suid-Afrikaanse wynbedryf een jaar ná die aanvang van die Covid-19-pandemie en die daaropvolgende inperking, en wat is die jongste op die gebied van wyndruifverbouing? Die wynbedryfsliggaam Vinpro, in samewerking met Winetech, beantwoord hierdie en ander vrae op 'n reeks streeksinligtingsessies aanstaande maand. Hier is meer inligting.

Die Winetech Vinpro Streeksinligtingsdae word vanjaar vanaf 6 tot 20 Mei aangebied, waarvan vier sessies digitaal en een fisiek bygewoon kan word.

“Verteenwoordigers van Vinpro en Sawis (SA Wynbedryfinligting en -Stelsels) begin elkeen van hierdie sessies met ’n oorsig oor die stand van die Suid-Afrikaanse wynbedryf, een jaar ná die aanvang van Covid-19 in die land.

“Dit was ook ’n uiters uitdagende jaar vir die meerderheid wynverwante ondernemings,” sê Conrad Schutte, bestuurder van Vinpro se wingerboukundige konsultasiediens.

Hierna deel bedryfskenners in elke sessie die jongste inligting oor wingerdtegniese navorsing, tendense, praktiese wenke, Winetech-navorsingsprojekte en Gen-Z-proewe wat vir die onderskeie streke van waarde is.

Dit was ook ’n uiters uitdagende jaar vir die meerderheid wynverwante ondernemings.

Blik op streke

* In die Robertsonstreek se digitale sessie op 6 Mei, word ’n oorsig gegee oor die afgelope seisoen se klimaatstoestande en die opbou en afbreek van suiker en sure tydens rypwording.

Daar sal ook besin word oor die redes vir ’n wesenlike voorkoms van witroes vanjaar en moontlike voorsorg en hantering daarvan vorentoe. Die kollig gaan ook geplaas word op die vatbaarheid van onderstokke vir die belangrikste aalwurms.

* Produsente in die Breedekloof en Worcester kan regstreeks inskakel op 11 Mei vir ’n blik op na-oesbemesting in ’n laat seisoen, foute en suksesse met onkruidbeheer, siektes en plae gedurende die afgelope seisoen en ’n nuwe plaag in wyn- en tafeldruifwingerde genaamd Lobesia.

* Die Kaap-Suidkus se digitale sessie op 13 Mei fokus sterk op die stand, bestuur en impak van die rolbladvirus op die Suid-Afrikaanse wynbedryf. Bedryfskundiges plaas die stand van die rolbladvirus plaaslik in wêreldkonteks en stel nuwe kommersieel beskikbare hulpmiddels bekend vir die monitering en ontleding van hierdie infeksies, asook vordering met ’n Kaliforniese paringsontwrigtingsprogram vir witluise.

Foto: PEXELS

Laastens gee die sprekers ’n uiteensetting van die uitwerking van rolbladvirus op druifsamestelling en wyngehalte, asook die ekonomiese oorwegings ten opsigte van rolbladbeheer.

* Wyndruifprodusente en wingerdboukundiges in die Olifantsrivierstreek kom weer op 18 Mei by Die Keldery in Vredendal byeen vir ’n oorsig oor navorsingsprojekte en wingerdproewe in die streek, asook ’n vergelyking van 2-, 3- en 4-liter-druppers om te bepaal watter besproeiingstelsel die beste vir grondgesondheid is.

* Skakel ook op 20 Mei digitaal in vir die Paarl en Swartland se oorsig van die 2021-wyndruifoes, die uitwerking van pinotage se rypheid op die samestelling van die druiwe, wyn en wynstyl, asook praktiese lesse geleer oor die bestuur van donsskimmel en witroes in die afgelope seisoen. Die teling van wyndruiwe wat bestand is teen hierdie twee wingerdsiektes word ook bespreek.

Die registrasiekoste vir elkeen van die sessies beloop R150 per persoon. Persone wat geregistreer het, sal 24 uur voor die digitale sessies ’n skakel ontvang om dit by te woon.

  • Bespreek jou plek aanlyn by sales.vinpro.co.za/events/ of bel Lesley Paulse by 021 276 0432 of stuur ’n e-pos na lesley@vinpro.co.za.
Meer oor:  Wyn  |  Wynbedryf  |  Vinpro
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.