Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Dís beste pinotage

Die land se tien beste pinotagewyne is vroeër dié maand aangewys.

Die wenwyne van die Absa Top-10 Pinotage-kompetisie is die elite van die bedryf vir dié druifsoort en die wenners kom vanjaar uit ses verskillende wynstreke van oor die land heen.

Die tien beste pinotagewyne in die land kom vanjaar uit ses wynstreke in Suid-Afrika. Foto: VERSKAF

Die kompetisie is vanjaar die 23ste keer aangebied en altesaam 161 wyne is ingeskryf. Benewens die tien beste wyne, is drie museumklaswyne (wyne ouer as tien jaar) ook gekies.

Volgens die Pinotagevereniging het Stellenbosch (drie wenwyne) en die Paarl (twee wenwyne) die meeste wenners in vanjaar se kompetisie gehad.

Daarbenewens het die bekende Stellenbosse wynlandgoed Kanonkop geskiedenis gemaak deur ’n 14de jaar onder die toptien te wees. Kanonkop se wenwyn is vanjaar die oudste van die toptien en ook die enigste wenner van die 2015-oesjaar.

Die wynlandgoed Beyerskloof het sy negende trofee opgeraap, terwyl die Simonsig-kelder se wyn die derde wenner uit Stellenbosch opgelewer het.

Jonger wyne is ook vereer, met Diemersdal en Badsberg wat albei met ’n 2018-oesjaar wyn gewen het. Die 2016-oesjaar het vier wenners van dié jaar opgelewer met wyne van Vondeling (sy eerste wen in die kompetisie), Anura, Fleur du Cap en Wildekrans.

Die wynlandgoed Overhex se Survivor-wyn was saam met Beyerskloof en Simonsig deel van die 2017-oesjaar.

Museumklaswenners

  • Fairview Primo Pinotage 2007
  • Hill & Dale Pinotage 2007
  • Rijk’s Private Cellar Pino­tage 2009

Die wenners

  • Anura Pinotage Reserve 2016
  • Badsberg Pinotage 2018
  • Beyerskloof Winemaker’s Reserve Pinotage 2017
  • Diemersdal Pinotage Re­serve 2018
  • Fleur du Cap Series Privée Pinotage 2016
  • Kanonkop Pinotage 2015
  • Survivor Pinotage 2017
  • Simonsig Redhill Pinotage 2017
  • Vondeling Bowwood Pinotage 2016
  • Wildekrans Pinotage Barrel Select Reserve 2016
Meer oor:  Landbou  |  Wyntoekennings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.