Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Eeue oue appel op Babylonstoren

Die eeu oue Witte Wijn-appel is nou deel van die meer as 300 verskillende vrugte- en plantvareïteite wat in die tuine op die plaas Babylonstoren by Simondium besigtig kan word.

Hier (van links) is Gino Carolus, ’n tuinier in Babylonstoren se vrugtespan, Anton Roux, ’n vrugteboomkenner en versamelaar van historiese bome, Wendel Snyders, ook ’n tuinier in Babylonstoren se vrugtespan, en Liesl van der Walt, Babylonstoren se hooftuinier, besig om die Witte Wijn-appelboom te plant wat Tru-Cape en Hortgro aan die plaas by Simondium buite Stellenbosch geskenk het. Foto: Verskaf

Die Witte Wijn-appel is een van die oudste appelkultivars in die wêreld en was die eerste appel wat op 17 April 1662 in die Kompanjiestuin in die Kaap gepluk is.

Die Witte Wijn-appel is volgens die vrugtebemarker Tru-Cape in 1662 in Jan van Riebeeck, Nederlandse goewerneur van die Kaap, se dagboek opgeteken as die eerste ryp Hollandse appel wat hulle hier gepluk het.

Dié appelvariëteit is intussen in Nederland aangetref en die plantmateriaal deur die sagtevrugtebedryfsliggaam Hortgro en Tru-Cape weer na Suid-Afrika ingevoer.

Die Witte Wijn-appelboom is op 17 April vanjaar weer in die Kompanjiestuin geplant – na aan waar dit oorspronklik honderde jare gelede gestaan het. ’n Tweede boom is egter ook ver­lede maand aan Babylonstoren geskenk om in die plaas se diverse en alom­bekende tuin van 3,5 ha te plant.

Die inspirasie vir dié plaas se tuin was die oorspronklike Kompanjiestuin in die stad.

“Die Witte Wijn-appel is ’n kosbare geskenk wat ons tuin met die oorspronklike Kompanjiestuin in Kaapstad verbind – ons inspirasie. Dit is ook ’n waardevolle toevoeging tot ons groeiende versameling historiese bome, wat Newton se “Flower of Kent”-appelboom insluit, sowel as Shakespeare se moerbeiboom, Napoleon se wilgerboom en baie ander ou Kaapse variëteite soos die saffraanpeer, die Ohenimuri-kultivar en die White Winter Pearmain-appels,” sê Liesl van der Walt, Baby­lons­toren se hooftuinier.

Meer oor:  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.