Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Fair Cape met 14 pryse vereer by kampioenskap

Die Kaapse suiwelmaatskappy Fair Cape Dairies het vanjaar ’n groot oes pryse by die jaarlikse Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe ingesamel.

Fair Cape was een van 68 suiwelprodusente in die land wat vanjaar nagenoeg 900 suiwelprodukte vir hierdie kompetisie ingeskryf het.

Die wenners vir 2021 is op 26 Maart by die suiweltoekennings aangekondig, waar Fair Cape se produkte in altesaam 14 kampioenklasse as die wenner aangewys is – die meeste van al die produsente wat vanjaar deelgeneem het.

Fair Cape het op die Suiweltoekennings die eerste plek in al vier die melkkategorieë gewen. Foto: VERSKAF

Fair Cape spog ook met die gesogte Qualité-merk van gehalte vir een van sy produkte.

Volgens Louis Loubser, die bemarkingsdirekteur van Fair Cape, is die maatskappy geweldig trots op hoe hulle by die suiwelkampioenskappe gevaar het.

Die maatskappy blink al vir die afgelope paar jaar in verskeie kategorieë in hierdie kompetisie uit en het al menige prys vir hul produkte ontvang.

“Om as ’n Suid-Afrikaanse Suiwelkampioen in nie minder nie as 14 kategorieë erken te word, is ’n reuseprestasie vir ons. Ons is vreeslik opgewonde daaroor dat ons suiwelprodukte met die suiwelbedryf se goue stempel van gehalte erken is,” sê hy.

Meer oor:  Fair Cape  |  Pryse  |  Kampioenskap  |  Suiwelmaatskappy  |  Vereer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.