Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Flagstone se sauvignon blanc tops

’n Ongehoute sauvignon blanc van ’n Helderbergse wynkelder het vanjaar die hoogste eerbewys op die Suid-Afrikaanse Jongwynskou, die gesogte Generaal Smuts-trofee, opgeraap.

Dit is die vyfde keer in die 187-jarige wynkompetisie se bestaan dat ’n sauvignon blancwyn dié trofee as die kampioenjongwyn verower.

Die Flagstone-wyn­kelder by Somerset-Wes was die 68ste wenner van die trofee vanjaar.

Willene Bester, Gerhard Swart (keldermeester) en Mia Boonzaaier van die Flagstone-wynkelder nadat die kelder verlede naweek op die SA Jongwynskou-dinee by Bonnievale met die gesogte Generaal Smuts-trofee bekroon is. Flagstone se ongehoute sauvignon blanc is ook as die beste in die sauvignon blanc-kategorie bekroon. Foto: VERSKAF

Die kelder het die trofee ook in 2010 vir ’n sémillon gewen. Daarbenewens is Flagstone se ongehoute sauvignon blanc ook vanjaar as die beste inskrywing in die kompetisie se sauvignon blanc-kategorie bekroon.

Die skou se jaarlikse glans­dinee is Saterdag by die Angora Stud-lokaal by Bonnievale gehou, en altesaam 19 kampioenwyntrofeë is oorhandig.

Daar­benewens het 49 wyne klaswennerstatus behaal, met 99 wyne wat goue medaljes ontvang het.

Altesaam 1 455 wyne van die 2019-oesjaar is vir vanjaar se jongwynkompetisie deur 130 beoordelaars beoordeel, waarvan 115 inskrywings vir sauvignon blancwyne was, lui ’n verklaring. Die kategorie vir chenin blancwyne het met 152 die meeste inskrywings gehad.

Benewens die Generaal Smuts-trofee, was die Badsberg-wynkelder vanuit die Breedekloof vanjaar die wenner van die Pietman Hugo-trofee. Dit word toegeken aan die kelder wat die hoogste totale punte vir inskrywings in vyf kategorieë kry. Badsberg het ook drie nasionale wenners met ’n gehoute chenin blanc, gehoute pinotage en witmuskadel­jeropiko op­gelewer.

Die Badsberg-kelder was in 2016 die wenner van die Generaal Smuts-trofee vir sy gehoute pinotage.

Die ander ster op vanjaar se Jongwynskou was die wynlandgoed Benguela Cove, wat twee nasionale wenners opgelewer het – ’n gehoute cabernet sauvignon en ’n gehoute merlot. Jou kontak: Besoek www.young­wineshow.co.za vir die volledige uitslae.

Die res van die kampioenjongwyne vir 2019 is:

  • Chardonnay: Glen Carlou (gehout)
  • Sémillon: La Motte
  • Ander wit druifsoort: Botha-kelder (nouvelle)
  • Wit versnit: KWV (sauvignon blanc/sémillon)
  • Natuurlike soet witwyn: Orange River Cellars Keimoes
  • Edel laatoeswyn: Bon Courage
  • Shiraz: Namaqua (gehout)
  • Ander rooi druifsoort: Diemersdal (petit verdot, gehout)
  • Rooi versnit: Riebeek Valley Wine Company (shiraz/mourvedré)
  • Dessertwyn: Merwida (hanepoot jerepiko)
  • Portstyl: Delaire Graff (cape tawny)
Meer oor:  Landbou  |  Wyntoekennings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.