Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Jongwynskou se sterre is op pad na die buiteland

Die topwenners van vanjaar se Suid-Afrikaanse Jongwynskou gaan in November na Duitsland reis danksy ’n borgskap en nuwe vennootskap met Porex, ’n Paarlse verskaffer van masjinerie en produkte aan die wynbedryf.

Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging (SANWSA) sal die wenners van onderskeidelik die Generaal Smuts-trofee vir die algehele kampioen-jongwyn en die Pietman Hugo-trofee vir die hoogste punte met vyf inskrywings die oorsese besoek van ses dae meemaak.

Die wenners van dié trofeë vanjaar was onderskeidelik die wynlandgoedere Flagstone Wines (Somerset-Wes) en Badsberg (Breedekloof) gewees.

Volgens die SANWSA word daar voorsien dat dié besoek ’n jaarlikse instelling vir die topwenners van dié wynkompetisie sal word.

Flagstone en Badsberg se keldermeesters sal met hul besoek aan Duitsland in November onder meer by ’n bekende gismaatskappy en filtrasie-aanleg aandoen, verskeie wynkelders besoek en ’n draai by die internasionale BrauBeviale-skou vir die drankbedryf in Nuremberg maak.

Verteenwoordiges van Porex het onlangs die Jongwynskou-galadinee in Bonnievale bygewoon en was glo só beïndruk dat hulle met die voorstel vir die borgskap vorendag gekom het. Porex is ’n agent vir uitgesoekte Duitse en Italiaanse verskaffers. “Ons is trots om deel van die Suid-Afrikaanse wynbedryf te kan wees met ons verskaffers van Duitsland en Italië wat leiers in hul veld is en ons bedrywighede versterk.

“Dit sluit keldertoerusting en gisprodukte van wêreldgehalte in. Om die Jongwynskou se wenner-wynmakers oorsee te neem, kan net tot almal se voordeel wees,” het Lionel Dickens, Porex se besturende direkteur, oor die nuwe vennootskap gesê.

Meer oor:  Wynbedryf  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.