Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Kanonkop wen groot op internasionale verhoog

Die alombekende Stellenbosse wynlandgoed Kanonkop is pas op ’n internasionale verhoog as die beste wynprodusent in die wêreld vir 2019 vereer.

Abrie Beeslaar. Foto: Verskaf

Die trofee vir die Uitstaande Wynprodusent van die Jaar is vanjaar vir die eerste keer op die prysaand van die Interna­tional Wine & Spirits Competition (IWSC) in Londen toegeken, waar dié eer Suid-Afrika se Kanonkop eerste te beurt geval het. Die trofee beloon nie net 2019 se topwynmaker nie, maar ook die wynkelder wat in die 50-jarige bestaan van die IWSC deurlopend presteer.

Die IWSC is die wêreld se voorste wyn-en-spirituskompetisie en lok elke jaar meer as 5 500 inskrywings van 50 lande.

Luidens ’n verklaring het Pip Mortimer, die IWSC proe-hoof, by die geleentheid benadruk dat Kanonkop ’n wynprodusent is wat nie net vanjaar nie, maar oor die jare deurgaans in die kompetisie presteer het.

By vorige IWSC-geleenthede het Kanonkop die gesogte Wynmaker van die Jaar-trofee vier maal verower: in 1991 onder die keldermeester Beyers Truter, sowel as onder die leierskap van die huidige wynmaker Abrie Beeslaar in onderskeidelik 2008, 2015 en 2017.

Kanonkop het ook vanjaar die kompetisie se gesogte Warren Winiarski-trofee vir die beste cabernet sauvignon met sy Kanonkop Cabernet Sauvignon 2006 opgeraap.

Johann Krige, Kanonkop-eienaar, meen die trofee erken hul strewe om wêreldgehalte-wyn te maak wat Stellenbosch se unieke grond, klimaat en topografie tot uitdrukking bring.

“Die toekenning is erkenning vir almal se visie wat in 1973 tot die eerste bottel Kanonkop gelei het, naamlik my oupa en die stigter van Kanonkop, Paul Sauer, my pa, Jannie Krige, en Jan Boland Coetzee, die wynmaker wat die eerste Kanonkop-bottelering oorsien het,” het hy gesê.

“Hierdie nalatenskap tot die toewyding van uitstaande gehalte én die visie om as erkende internasionale produsent saam met die wêreld se beste wynkelders gereken te word, is deur die wynmakers Beyers Truter en Abrie Beeslaar verewig – wat albei as die wêreld se beste wynmaker by die IWSC beloon is, en wat vir Kanonkop se prestasierekord by die wêreld se gesaghebbendste wynkompetisies verantwoordelik is,” aldus Krige.

Meer oor:  Boer  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.