Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Kenner sê: Om dié rede is snoei belangrik

Gedurende die twee baie droë jare wat ons in 2017 en 2018 in die wynlande beleef het, was boere se besproeiings­vermoë erg beperk, en het die groeikrag van wyndruifwingerde in baie gevalle drasties afgeneem.

Foto: ISTOCK

Die hoofsaaklike rede hiervoor is lae vogvoorsiening gedurende die wingerd se groeiseisoen, sowel as in die naoes-tydperk. Die wyndruifoes in 2018 is deur die somer van 2016 én die naoes-tydperk in 2017 beïnvloed.

Die 2018-wyndruifoes is dus direk beïnvloed deur die min besproeiingswater en die lae damvlakke wat daar ná die 2017-winter was.

Vanweë die swak groeikrag was 2019 se wyndruifoes dus besonder klein. Die swakker en dunner draerlote met gevolglike kleiner trosse, was die hoofoorsaak vir die ligte oes.

Hierdie droogte het net weer bevestig hoe belangrik sterker draerlote (minstens potlooddikte) vir vrugbaarheid en trosgrootte is.

Dit is uiters belangrik om intensiewe aandag aan bemestingsprogramme te gee ten einde gematigde groeikrag te bewerkstellig – veral ná só ’n katastrofiese droë tydperk waar wingerde se groeikrag baie verswak het.

  • Goeie onderstokke en klone het ’n groot invloed op wingerdboere se sukses. Daarbenewens dra oordeelkundige snoeipraktyke ook grootliks by om wingerdproduksie te normaliseer ná ’n droogtetydperk. Wiese is die uitvoerende hoof van Voor-Groenberg Kwekerye by Wellington.
Meer oor:  Wyn  |  Boer  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.