Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Landbou-erfenis só bewaar

Die Wes-Kaapse Veteraantrekker-en-enjinklub se jaarlikse skou is verlede maand op Villiersdorp gehou, maar later vandeesmaand bring een van sy takke dié gewilde jaarlikse skou nader aan die Kaapse metropool.

Dié tak, wat as die Tafelberg-erfgoedversamelaars bekend staan, hou op 21 September ’n veterane-ekspo by Southey Vines in Somerset-Wes.

’n Versameling Deutz-trekkers uit die 1950’s. Foto: Verskaf

Soos vorige jare gaan die klublede weer hul versamelings ten toon stel en almal is welkom.

Ou trekkers, ou statiese enjins, ou motors en ’n binnens­huise uitstalling van verskeie items wat vroeër in en om die huis en werf gebruik is, sal te sien wees.

Verskeie private motorversamelaars, veral vanuit die Helderbergkom, stal ook op die dag saam met die veteraantrekkerklublede uit.

Besoekers kan uitsien na gerestoureerde veteraantrekkers en -enjins, voertuie en militêre toerusting. Waar veteraanmotors uitgestal word, is motorhandelaars ook gewillig om die nuutste op die mark te vertoon – wat interessante vergelykings tot gevolg gaan hê. Hierdie vergelykings gaan veral moontlik wees tussen die viertrekvoertuie van gister en vandag.

Nog ’n hoogtepunt op die ekspo-program is ’n demonstrasie van die verskillende maniere waarop trekkers meer as ’n halfeeu gelede aan die gang gekry is.

Deesdae het jy nie meer twee enjins nodig of ’n hele rits stappe wat gevolg moet word om ’n trekker aan die gang te sit nie.

Demonstrasies van die ou enjins sal met bespreking toegelig word.

Die Engen-enjinrestourasie-kompetisie, waar die klub saam met die Wes-Kaapse en die nasionale tak die jeug betrek om ’n ou enjin te restoureer, vorm ’n belangrike deel van die uitstalling.

Van die klublede wat reeds aan die kompetisie deelgeneem het, se enjins sal ook uitgestal word.

Daar gaan ook ’n wyntuin, verskillende kosstalletjies en ander snuisterye op die ekspo wees.

Van die ander demonstrasies sluit die maak van koeksisters en wolspin en -weef in.

Die ekspo begin om 08:00 en duur tot 18:00. Toegang kos R50 vir volwassenes en R10 vir skoliere.

  • Jou kontak: Bel Mariëtte Krige by 082 670 7637.
Meer oor:  Trekkers  |  Versameling  |  Veteraan  |  Landbou  |  Erfenis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.