Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Landbou in syfers: Oor die duurste ram en kospryse

2019

Die volumes van Suid-Afrika se wynuitvoer het in November soortgelyke vlakke as in dié jaar behaal en die bedryf hoop dat die tendens vandeesmaand sal voortduur. Die bedryfsliggaam Wines of South Africa (Wosa) het Dinsdag gesê November se uitvoer is behaal ondanks die vyf weke lange uitvoerverbod weens die staat van inperking en die vertragings wat daarna in die Kaapstadse hawe voorgekom het, berig Malherbe Nienaber op Netwerk24. Wosa hoop ook om uitvoervolumes vir die jaar te sien wat soortgelyk aan die 320 miljoen liter in 2019 is.

R160 000

’n Jaaroud Kalahari Red-bokram is teen die rekordprys van soveel rand op ’n veiling in Lichtenburg in Noordwes verkoop, berig Alet van der Walt op Netwerk24. Dis nie net ’n Suid-Afrikaanse rekord nie, maar ook ’n wêreldrekord. Albie Horn, voormalige eienaar van die bokram, sê hy het geweet dis ’n goeie bok en dat hy ’n goeie prys sal behaal, maar hy het nie verwag dat die bok vir soveel opgeveil sou word nie.

60%

Die bosboumaatskappy MTO moes oor die afgelope jare ingevolge sekere huurooreenkomste sowat soveel persent van sy bosbouplantasies in die Wes- en Oos-Kaap aan die regering teruggee, berig Francois Williams op Netwerk24. Dit is waarom hy sy sakemodel moes hersien om vir krimpende produksievolumes voorsiening te maak en steeds volhoubaar te bly, het Itumeleng Langeni, hoof van belanghebberverhoudinge by MTO, gesê. Dit beteken wel daar kan tot minstens 2030 ’n tekort aan timmerhout in die streek wees, het sy gesê.

2,4%

Daar is ’n ooraanbod van eiers in Suid-Afrika, en eierpryse het in die pluimveemaatskappy Quantum Foods se boekjaar tot einde September met soveel persent gedaal, berig Francois Williams. Quantum se eierverkope het met 15,4% gestyg en meer as ’n miljard eiers is in die jaar verkoop. Maar dit was pynlik vir Quantum se winssyfers, want die wins op sy eierverkope het met meer as R60 miljoen gekrimp weens die skerp toename in die koste van die voer wat sy lêhoenders vreet te midde van die laer eierpryse.

5,8%

Kospryse is besig om na die einde van 2020 toe skerper te styg, maar ekonome is verdeeld oor hoe bekommerd verbruikers moet wees, berig Hanlie Stadler op Netwerk24. Dit volg nadat Statistieke Suid-Afrika (SSA) Woensdag die inflasiesyfers vir November uitgereik het wat daarop dui dat ’n gemiddelde trollie kos en niealkoholiese drinkgoed soveel persent duurder is as ’n jaar gelede. Dis teenoor Oktober se koers van 5,4% en September se 3,9%.

Meer oor:  Kospryse  |  Syfers  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.