Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Landbou in syfers: Oor koffiebone en ’n veiling

Landbou in syfers

R4,1 miljoen

Die Kaapse Wynmakersgilde se jaarlikse veiling het vanjaar alleen soveel rand ingevorder. In kontras met vorige jare, het die

veilingaanbod slegs uit 564 kiste wyn (6 x 750 ml elk) bestaan. Dit was opgemaak uit 17 rooiwyne, een gefortifiseerde

wyn (Cape Vintage), en 11 witwyne – wat twee Méthode Cap Classique- wyne ingesluit het.

R700 000

Engen het soveel rand bygedra tot Agri SA se droogtehulpfonds om boere in veral die Sentraal-Karoo, die Noord-Kaap, Oos-Kaap en dele van Limpopo te help. Agri SA het die afgelope vier jaar sowat R30 miljoen se hulp gelewer aan kommersiële en opkomende boere sowel as gemeenskappe in droogtegeteisterde gebiede.

Van dié gebiede gaan al sewe jaar lank gebuk onder die droogte.

25%

Nestlé het in die Ivoorkus gehelp om koffieboere se inkomste met soveel persent te verbeter, en meer as 2 000 ton ekstra koffie per jaar word sedert die begin van die program in 2010 geproduseer, berig Francois Williams op Netwerk24. Nestlé se landboukundiges help die boere in die Ivoorkus asook die Demokratiese Republiek van die Kongo om boerderytegnieke te verbeter te midde van die druk op water bronne weens klimaatsverandering.

Volgens Nestlé waarsku wetenskaplikes dat stygende temperature die grondoppervlak wat gepas is vir koffieverbouing teen 2050 met tot 50% kan laat krimp.

29%

Die Landbank finansier nagenoeg soveel persent van Suid-Afrika se landbouskuld, berig Hanlie Stadler op Netwerk24. Die bank het kontantvloeiprobleme ontwikkel weens afgraderings wat sy eie skuld duurder gemaak het, maar ook weens slegte skuld van boere en ondernemings wat veral tydens die droogte tot 2018 opgehoop het. Die Landbank se hulppakket van die regering is nou egter ten volle betaal. Die bank het die tweede helfte van die R3 miljard wat die tesourie aan die finansieringsinstelling belowe het, ontvang. Die R1,5 miljard is op 30 September oorbetaal nadat die eerste deel op 11 September oorbetaal is. R1,8 miljard van die geld word opsygesit vir skuld.

Meer oor:  Droogte  |  Koffie  |  Syfers  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.