Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Landbou in syfers: Oor wynuitvoere en wolpryse

3,1%

Die wolmark op eie bodem het met soveel persent verswak teenoor die vorige seisoen se bedryfsveiling. Die 27ste veiling van die 2019-’20-wolseisoen is vroeër die maand gehou en daar was ’n aanbod van 7 709 bale. Altesaam 77,7% van die bale wat te koop aangebied is, is van die hand gesit.

15,2 miljoen

Volgens die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) se jongste oesskatting sal daar na verwagting soveel mielies vanjaar in Suid-Afrika gestroop word. Die NOK beraam dat die land se graan- en oliesadeproduksie tot 32% groter as verlede jaar s’n kan wees.

R3 miljard

Dit is hoeveel die Landbank vandeesmaand aangedui het hy wil leen om sy kontantvloeiprobleme op te los. Die Landbank het onlangs aangekondig hy kan nie die minimum paaiemente op sy wentelkredietgerief van R738 miljoen bekostig nie en moet gevolglik al sy skuld herstruktureer.

R1,2 miljard

Dit is hoeveel geld die landbourampfonds beskikbaar het om die landbousektor tydens die Covid-19-pandemie te ondersteun, sodat voedselproduksie kan voortgaan.

73%

Dit is met hoeveel persent Suid-Afrikaanse wynuitvoere verlede maand gedaal het in vergelyking met April verlede jaar. Dít kan toegeskryf word aan die verbod op uitvoer wat vanaf die begin van die inperking op 27 Maart geheers het. Toe dit opgehef is, kon die vervoer van wyn na die hawens nie plaasvind nie, en is wynuitvoere eers op 1 Mei hervat.

5 000

Meer as soveel gesinne in nood is al gedurende die Covid-19-inperking deur Agri SA, Agri Wes-Kaap en die Laastedrift Boerdery met bokse kos bygestaan. Elke boks weeg sowat 5 kg en bestaan uit fyngekapte pakke gemengde groente vir sop, appels, wortels, aartappels, pampoen en patats.

Meer oor:  Uitvoere  |  Syfers  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.