Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Navorsing: Akademici, privaat sektor byeen

Meer as 70 hoëvlakverteenwoordigers van byna 60 bedrywe, ondernemings en verenigings binne die landbousektor het verlede maand op Stellenbosch saamgetrek om te besin oor hoe toekomstige landbounavorsing aan en verwante vennootskappe met die Universiteit Stellenbosch (US) en die Suid-Afrikaanse akademie in die breë moet lyk.

Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA. Foto: LISA HNATOWICZ

Die voldagsessie is deur die US se fakulteit agriwetenskappe in samewerking met Agri SA aangebied. Bedryfsleiers het die geleentheid gehad om aanbiedings te maak oor hul onderskeie sektore, die strategie waarvolgens hulle navorsing aanpak en uit te lig watter ontwikkelende probleme hulle graag wou hê kundiges moes aanpak, lui ’n verklaring wat ná die afloop uitgereik is.

Die veevoer-, wyn- en bosboubedryf, vleis- en graan­produsente, sowel as die sagtevrugtebedryf is onder meer op die dag verteenwoordig. Die sektor vir diereproduksie is deur leiers in die produksie van grootvee, kleinvee, vark, melk, wol en wild verteenwoordig.

Paneellede is ook gevra om verslag te doen oor hoe hulle tans vennootskappe en navorsing binne hul onderskeie bedrywe, organisasies, onder­nemings of dienssektore hanteer, en veral ook wat hul verhouding met die US betref.

Sluimerende en ontluikende kwessies soos die klimaats­krisis, ’n groter steun op tegnologie en maniere om steeds winsgewend te wees te midde van omgewingsprobleme soos droogtes en die uitbreking van siektes en plae is uitgewys.

Verskeie sprekers het universiteite uitgedaag om studente te lewer wat buite die konteks van ’n handboek probleme kan oorweeg, hul kennis kan toepas en oopkop is oor nuwe idees.

’n Behoefte is ook uitgespreek vir kortkursusse waardeur mense in die bedryf opgeskerp kan bly oor die jongste tendense.

“Ek weet ons stel onsself oop vir kritiek deur die aanbied van so ’n dag van introspeksie. Dis egter vir my belangriker om te weet wat die US beter, anders en meer vernuwend kan doen om die landbou­bedryf in die breë te bevorder. Daarom wou ons die stemme en menings van belangrike rolspelers in die bedryf hoor,” het prof. Danie Brink, dekaan van die fakulteit, ná die tyd gesê.

Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA, het die dag as ’n eerste beskryf vir akademici en die privaat sektor om bymekaar te kom om oor navorsing en ontwikkeling sowel as oor die gapings te praat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.