Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Neem aanlyn deel en kry raad oor boerdery

Boere en ander belangstellendes wat raad oor gemengde boerderye wil hê, word genooi om vanoggend vir die laaste van die eerste drie Siyabonga-inligtingsdae in Clanwilliam in te skakel.

Agri-Expo se gewilde inligtingsdae wat elke jaar op die vee-ekspo Agri-Expo Livestock buite Stellenbosch aangebied is, het vanjaar ’n nuwe baadjie aangetrek en word nou in verskillende streke in die vorm van Siyabonga-dae aangebied.

Weens die beperkinge op getalle kan slegs ’n beperkte aantal boere genooi word om die geleenthede by te woon. Dit word egter ook regstreeks uitgesaai en boere en belangstellendes word genooi om gratis aanlyn in te skakel en deel te wees van die gesprekke.

Die eerste twee dae is onderskeidelik in Beaufort-Wes en Grassy Park gehou, terwyl vanoggend se sessie van 10:00 tot 13:00 in Clanwilliam plaasvind.

’n Groep boere tydens ’n vorige inligtingsdag op Agri-Expo Livestock buite Stellenbosch. Hierdie inligtingsdae staan nou as Agri-Expo se Siyabonga-dae bekend en word ook regstreeks uitgesaai, sodat enige belangstellende boere kan deelneem.

Hierdie inligtingsdag is spesifiek daarop gemik om kennersadvies oor gemengde boerdery te gee. Graan SA gaan wintergrane bespreek, waarna die fokus na die voordele van wolproduksie deur die Nasionale Wolkwekersvereniging sal skuif.

Daarna volg ’n praktiese demonstrasie met riglyne oor waarna om te kyk by kleinvee, asook ’n bespreking van verskillende skaap- en bokrasse.

Die bekende rooibosboer Niklaas Slinger sluit die program met raad, inligting en motivering af.

Volgens Agri-Expo is die Siyabonga-dae daarop gemik om basiese landbou-inligting aan boere deur te gee in ’n unieke formaat waar boere ’n platform met kenners in die bedryf deel, die geleentheid kry om vrae te vra en sodoende met meer kennis na hul boerdery terugkeer om uiteindelik meer produktief te wees. Die inligtingsdae was oor baie jare van die suksesvolste platforms tydens Agri-Expo Live­stock en daarom is hulle opgewonde om die dae nou na die boere toe te neem, sê Johan Ehlers, uitvoerende hoof van Agri-Expo.

“Die Covid-19-pandemie het baie landbougeleenthede aan bande gelê en om met innoverende maniere die landbougemeenskap te bereik, is nie maklik nie, maar dit is presies wat ons met die Siyabonga-dae doen. Ons moet aanpas en die geleenthede benut wat tegnologie ons bied, maar ons moet ook mense op grondvlak bereik.”

  • Jou kontak: Om vir die sessie te registreer, besoek www.foodformzansi.co.za/siyabonga-registration/. Belangstellendes kan Agri-Expo ook op 021 975 4440 of admin@agriexpo.co.za kontak.
Meer oor:  Clanwilliam  |  Raad  |  Aanlyn  |  Boere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.