Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Paul Sauer 2018 te kry

Die jongste oesjaar van die Stellenbosse wynlandgoed Kanonkop se gesogte rooiversnit Paul Sauer is onlangs uitgereik – ’n hoogtepunt op die jaarlikse wynkalender.

Die 2018-oesjaar is vanjaar aan die beurt en wys volgens die landgoed die karaktereienskappe van ’n oesjaar wat uitdagend vir wynmakers was – hoofsaaklik weens wisselvallige klimaatstoestande en ongelyke rypwording, lui ’n verklaring.

Die Kanonkop Paul Sauer 2018 is onlangs in die mark uitgereik.

Volgens Kanonkop se keldermeester, Abrie Beeslaar, het die 2018-oesjaar gevolg ná die eerste nat, koue winter wat die Kaap ná ’n droogte van vyf jaar ervaar het.

“Die 2017-winterreënval was baie hoër as die voorafgaande twee winters. Op die plaas het wisselvallige temperature van winter tot die blomperiode, saam met koel groeitoestande, tot groot groeivariasie in die wingerde gelei.

“Die koel weer en gereelde reënbuie het waterstres vir die wingerdstokke tydens rypwording tot gevolg gehad. Hierdie reënbuie het boonop voortgeduur regdeur parstyd, waartydens temperature ook ongewoon koel was,” het hy verduidelik.

Die ongelyke rypwording het gesorg dat Kanonkop se gerekenariseerde sorteringstelsel oortyd moes werk.

“As die natuur nie vir jou harmonie gee nie, moet jy alles moontlik doen om optimale balans in die kelder te skep – en dít was die hele kelderspan se doelwit. Baie onryp, swak gehalte druiwe het in die drom beland.

Wat dit egter kortkom in krag en konsentrasie, word gewen met pragtige elegansie en ongelooflike afgerondheid.

“Die druiwe wat wel die seleksieproses geslaag het, het relatief groot korrels gehad met minder konsentrasie as die 2017-oesjaar,” het hy gesê.

“Regdeur die wynmaakproses en vatveroudering, was dit duidelik dat ons hier te doen het met ’n ligter styl wyn as die Paul Sauer 2017 wat nie so ryk is nie.

“Wat dit egter kortkom in krag en konsentrasie, word gewen met pragtige elegansie en ongelooflike afgerondheid.”

Die Kanonkop Paul Sauer, tradisioneel ’n versnit van cabernet sauvignon, cabernet franc en merlot, word internasionaal erken as een van Suid-Afrika se top-rooiwyne. Dit is onder meer bekend daarvoor dat dit die eerste Kaapse wyn was om ’n 100 punt-telling van die voorste Britse wynkritikus en wynmeester Tim Atkin te ontvang.Hierdie eerbewys is in 2018 aan die Paul Sauer 2015 toegeken.

Die druiwe vir die Paul Sauer-wyn is afkomstig van wingerde wat gemiddeld 30 jaar oud is en in Kanonkop se verweerde graniet-, Hutton- en Clovelly-grond groei.

Meer oor:  Wyn  |  Wynbedryf  |  Landbou  |  Versnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.