Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Perskes en pere doen heel goed

Die 2020-’21-oesseisoen vir perskes en pere op eie bodem kan in geheel beskryf word as ’n goeie, gesonde seisoen met vrugte van ’n uitsonderlike gehalte.

In my vorige skrywes het ek terugvoering gegee oor die seisoen en die vordering daarvan, maar nou gaan ons na die telbord en tendense kyk.

Blik op taaipitperskes

In totaal het die verwerkers vanjaar sowat 7% minder taaipitperskes ontvang as die vorige seisoen. Die allokasie na sap/puree is egter meer in lyn met die verlede.

Die invloed van verlede jaar se swaar reën en sterk winde tydens oestyd is nou duidelik, met ’n toename van 8 121 ton perskes vir sap en puree. Die totale oes word op 150 636 ton geraam – sowat 3,1% minder as verlede jaar se oes.

Die komponent wat na die varsmark gegaan het, word op 39 000 ton geraam en kan toegeskryf word aan onsekerheid in die inmaakbedryf en beter pryse in die varsmark.

Kollig op Bon Chretien

Die oes vir Bon Chretien-pere is sowat 1,1% meer en in lyn met die vorige seisoen.

Die verwerkers het sowat 2% meer vrugte ontvang in vergeleke met verlede jaar. Hierdie geringe toename kan toegeskryf word aan die verruwing van die skille van vrugte in sekere produksiegebiede.

Die oorspronklike oesskatting was baie in lyn met die finale tonne wat 579 ton meer was as die IPV se oorspronklike skatting.

Bron: Die Inmaakvrugteprodusentevereniging se nuusbrief, Die Krat, vir Junie 2021. Jordaan is die uitvoerende hoof.

Meer oor:  Perskes  |  Pere  |  Landbou  |  Vrugte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.