Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
‘Prioritiseer boere, landbouwerkers’

Die derde vlaag Covid-19-infeksies is tans besig om teen ’n kommerwekkende tempo toe te neem.

Dit is egter nie net in stede waar inwoners steier onder die virus nie, maar so ook dié in landelike gebiede, sê die landbou-organisasie Agri Wes-Kaap.

“Landelike gebiede is net so kwesbaar vir die virus. Ons het onlangs gesien hoe ’n hele dorpie, by name Kliprand, in kwarantyn geplaas is en die negatiewe uitwerking wat dit op die plaaslike gemeenskap gehad het,” sê Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap.

Die landbousektor het ’n groot verantwoordelikheid om die land se voedselsekerheid te handhaaf, ongeag die bloot­stelling aan die virus, voer hy aan.

Wingerde in die Wes-Kaap. Foto ter illustrasie deur Chrislene Retief

Agri Wes-Kaap is teleurgesteld dat boere en landbouwerkers nie geprioritiseer is om die inenting teen Covid-19 te ontvang nie. “Alhoewel die landbousektor as ’n noodsaaklike sektor verklaar is, is die sektor nie geprioritiseer vir Covid-19-inentings nie. Die landbousektor en landelike ekonomieë kan dit bloot nie bekostig nie,” voeg Strydom by.

Agri Wes-Kaap doen ’n beroep op die regering om Covid-19-inentings in die landbousektor te prioritiseer en moedig boere en landbouwerkers aan om vir die entstof te registreer.

Meer oor:  Boere  |  Landbou  |  Plaaswerkers  |  Agri Wes-Kaap  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.