Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Rolspelers sit koppe bymekaar oor maatreëls
Die organiseerders van Agri-Expo Livestock buite Stellenbosch is een van ses rolspelers wat hulself onlangs tot verbeterde biosekerheidsmaatreëls op veeskoue verbind het. Foto: Verskaf

Die organiseerders van ses van die land se grootste veeskoue het hulself tot verbeterde biosekerheidsmaatreëls in die bedryf en op dié geleenthede verbind.

’n Vergadering is onlangs in Centurion, Gauteng, gehou waartydens verteenwoordigers van onder meer die Bloemskou, die Royalskou in Pietermaritzburg, Nampo-oesdag, Nampo Alfa, Nampo Kaap, Agri-Expo Livestock, sowel as dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika, en dr. Danie Odendaal, direkteur van die Veeartsnetwerk, hulself daartoe verbind het om ’n wetenskapgebaseerde biosekerheidsprotokol saam te stel vir die aanbied van veeskoue vanjaar én in die toekoms.

Dié vergadering volg kort op die uitbreking van bek-en-klouseer aan die einde van verlede jaar, en die nasionale verbod op veilings wat daarop gevolg het. Odendaal gaan deur die rolspelers gekontrakteer word om die protokol op te stel.

Grootste dryfveer

Luidens ’n gesamentlike verklaring wat ná afloop van die vergadering uitgereik is, is die bek-en-klouseer-uitbreking die grootste dryfveer agter die vergadering.

Dit het die belangrikheid van biosekerheid opnuut weer onder die aandag van alle rolspelers in die lewendehawebedryf gebring.

“Die uiteindelike doel van die vergadering was om ’n stel beste praktyke by elk van die onderskeie geleenthede te vestig, ten einde die bedryf holisties te dien en in die beste belang van vertoners op te tree.”

Volgens die skouverteenwoordigers is álle rolspelers in die landboubedryf daarvoor verantwoordelik om soortgelyke uitbrekings te voorkom en behoorlik te bestuur – nie net die regering nie.

Al ses van hulle het ook onderneem om met die onderskeie owerhede saam te werk om biosekerheidsmaatreëls te ondersteun, lui die verklaring verder.

Die biosekerheidsprotokol sal spesifiek geld vir lewendehawe-tentoonstellings oor die land heen. Kleiner streekskoue sal ook bygestaan word met die implementering daarvan, aldus die rolspelers.

Meer oor:  Vergadering  |  Vee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.